kategorieë: Bekendes

Almal praat hieroor: JAN behou sy Michelin-ster vir 2017

Jan Hendrik van der Westhuizen was die eerste Suid-Afrikaner wat ’n Michelin-ster gekry het vir sy eetplek JAN, wat geleë is in Nice in die Suide van Frankryk, toe dit vroeg verlede jaar die toekenning ontvang het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Baie trotse Van der Westhuizen het gesê: “Vandat JAN sy eerste ster in 2016 gekry het, was die druk duidelik hoog en net soos in die film Burnt, was ons natuurlike instink om elke kliënt te vrees. Dis hoe sleg dit raak. Die sielkundige druk is so intens dat alles perfek móét wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Die druk om die ster te behou beset jou gedagtes dwarsdeur die oggend, middag en aand en soms, sodra jy jou kop op jou kussing neerlê, oorheers dit selfs in droomland,” lag Jan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe hy gevra is of hy nou sy oog op ’n tweede ster het, het Van der Westhuizen gesê: “Ek druk nie myself of my span vir ’n tweede ster nie, maar ons is besig om onsself te druk vir groter en beter. Hierdie is net wat ons doen.”

Van der Westhuizen het erken dat 2016 nie ’n maklike jaar was nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die Nice-aanvalle het almal in die Riviera én in die wêreld geraak wat die toerisme-industrie in die Suide van Frankryk met ’n groot gaping gelaat het waaraan almal probeer opbou en herbou.”

JAN sien uit na ’n besige seisoen wat dalk nog ’n paar Suid-Afrikaners in sy kombuis kan beteken. JAN spog tans met drie Suid-Afrikaners wat by die restaurant werk (Kevin Grobler, Rutger Eysvogel en Scott Armstrong).

Afgesien van die feit dat hy seker maak dat hy die beste Suid-Afrikaanse wyne op sy wynlys insluit, is hierdie talentvolle en selfopgeleide sjef permanent op soek na nuwe maniere om Suid-Afrikaanse geregte  te hernuwe waarby ’n wyer mark en ’n meer verfynde palet aanklank sal vind.

Huidige wintergeregte op sy spyskaart sluit eetbare kerse gemaak van Kaiings en varkvet in en ’n gereg met die naam ‘Mieliepap en Truffels’ wat ’n speling is op die nederige mieliebestanddeel saam met wat hy noem “die diamand van die kombuis”. Soet herinneringe soos gebraaide malvalekkers, sago en beskuit is almal ook groot gunstelinge op JAN se spyskaart.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

2 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

20 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

21 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

1 day Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.