Dawie de Jager, veral bekend as lid van die musiekggroep Klopjag, se weergawe van U2 se bekende liedjie “One” het vir hom ’n plek in die tweede seisoen van The Voice SA in Bobby van Jaarsveld se span besorg. Hy is die gelukkige man wat die laaste plek in Bobby se span gekry het!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Dawie is ’n kitaarspeler vir die musiekgroep Klopjag en die baskitaarspeler vir die groep Die Tuindwergies. Hy kom uit ’n musikale familie – sy pa het klavier gespeel by die skool en sy ma kan self ’n bietjie kitaar speel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('Sy liefde vir musiek het begin toe hy vir die eerste keer in Graad 10 ’n kitaar opgetel het en sy lewe daar en dan verander het. ’n Paar van sy vriende het gesê dat hulle ’n band moet begin en so het hulle ’n groep gemaak: een met ’n dromstel, een ’n elektriese kitaar en ’n ander die baskitaar. Volgens hom het hulle vreeslik sleg geklink, maar geoefen en later Klopjag begin. Klopjag is ’n sesmanspan en hoewel hulle steeds ’n gunsteling is by feeste soos Aardklop (Potchefstroom) en KKNK (Oudtshoorn), het hulle besef dat dit nie ’n groot inkomste verseker nie. Klopjag het sedert sy verskyning op die Afrikaanse musiektoneel in 2002 verskeie toekennings ingepalm en hoewel die groep van tyd tot tyd steeds optree, fokus die lede deesdae op hul solo-loopbane.
De Jager het Sondag (19 Maart 2017) op sosiale media gesê sy deelname aan dié gewilde program volg nadat hy ’n vriend (Roan van As) vir die vorige seisoen ingeskryf het. “Vanjaar het hy my ingeskryf en ek is mos maar ’n man van my woord,” het hy geantwoord.
The Voice SA se blinde oudisies vir die tweede seisoen is Sondagaand voltooi en al die afrigters – Bobby van Jarsveld, Kahn Morbee, Lira en Karen Zoid, se spanne is voltallig.
The Voice SA word op Sondae om 17:30 op M-Net uitgesaai.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.