kategorieë: In die nuusJou lewe

Almal praat hieroor: Blue Whale-selfmoordspeletjie

Blue Whale, oftewel A Sea of Whales, A Silent House of Wake me Up at 4:20am is ’n dodelike aanlynspeletjie wat sy oorsprong in Rusland het en blykbaar aan ten minste 130 sterftes gekoppel is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die speletjie kan in die vorm van ’n app op ’n rekenaar of slimfoon afgelaai word. Die verbruiker kry dan elke dag vir 50 dae ’n taak wat hy of sy moet afhandel. Dié take word elke dag deur ’n administrateur aan die verbruiker toegeken. Die uitdagings is gevaarlik en onheilspellend – so erg dat verbruikers aangemoedig word om op die laaste (50ste) dag selfmoord te pleeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die app is tot op datum (11 Mei 2017) nog nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar ouers word gewaarsku dat dit wel op pad is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van die afgryslike take sluit in self-benadeling, om op ’n brug te gaan staan, riller-flieks te kyk en op vreemde tye van die nag op te staan. Die uiteindelike doel en laaste taak is dan selfdood.

Die vervaardiger van die speletjie, die 21-jarige Philipp Budeikin van Rusland, word oorlaai met liefdesbriewe van tienermeisies terwyl in aanhouding is by ’n Russiese tronk. Budeikin het skuld bely en beskryf sy slagoffers as biologiese afval. Hy het glo aan die polisie vertel dat sy slagoffers bly was om te sterf en dat hy die samelewing wou skoonmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die publiek is geskok oor die feit dat die siek speletjie ’n groot tendens wêreldwyd is en dat kwesbare tieners gemanipuleer word om deel te neem.

Instagram het reeds ’n waarskuwing uitgereik wanneer verbruikers vir die hutsmerk #bluewhale soek. Die boodskap lees: “Posts with words or tags you’re searching for often encourage behavior that can cause harm and even lead to death. If you’re going through something difficult, we’d like to help.”

Wat kan jy doen?

Dit is belangrik dat ouers en onderwysers bewus raak van die gevare van aanlynspeletjies. Skerp jou tegniese vaardighede op en maak seker jy is vertroud met Sosiale Media (veral met dié wat deur jou kinders gebruik word). Ouers kan ook die internet saam met hul kinders (en veral tieners) ontdek. Stel reëls op oor Sosiale Media en wat gebruik behoort te word en wat nie.

Bronne: EWN: Eye Witness News en Daily Mail

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

16 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

17 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

20 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

21 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.