kategorieë: Ouerskap

Almal het soms ’n superheld nodig

Ons almal is nou en dan in ’n situasie waar ons ’n “superhero” nodig het – iemand wat die sleg kan wegvat en ons kan red van gevaar of seer, wat ons die pyn kan spaar wat die lewe soms na ons kant toe gooi. Soveel te meer uit die oogpunt van ’n kind, want hulle glo nog in superhelde en is gekondisioneer om te glo dat hulle net op die groot skerm bestaan en dat hulle alles moontlik en onmoontlik kan doen om te verseker dat die “bad guys” jou nie vang nie…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons vergeet soms dat ONS as ouers en ’n gemeenskap die superheld of -helde in ons kinders se lewe moet wees. Ons het nie lasers wat uit ons oë flits nie, ons kan nie teen die spoed van lig vlieg nie en is ons nie “bulletproof” of sterker as 100 olifante nie, maar ons het die sterkste wapen in die lewe se arsenaal en dit is die vermoë om te kan lief hê en om te kan omgee en om te kan beskerm. Jy hoef nie ’n superheld te wees om dit te kan doen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In my kinderdae het ek verskeie helde gehad wat my gevorm het in die man wat ek vandag is. Ek sal hulle elkeen vir ewig dankbaar wees vir al die liefde, omgee, besorgdheid en beskerming wat hulle my gegee het. Dit is eers vandag dat ek besef hoe belangrik elke persoon se rol was om my te help om bo my omstandighede uit te styg. Elkeen wat die moeite gedoen het om die potensiaal in my raak te sien, het ’n groot verskil gemaak. Ek het groot geword in ’n gebroke huis met verskeie stiefpa’s en geld was altyd skaars. Ek was blootgestel aan alkoholisme en geweld en moes gewoond raak daaraan om ander mense in die oë te kyk vir hulp, finansieel en emosioneel. Dit was my helde wat my altyd soos ’n Koningskind laat voel het, wat my gehelp het om te presteer in sport, akademie en musiek, deur gewone dade, soos om vir my rugbytoere te betaal en vir my ’n nuwe sweetpak te koop toe ek provinsiale klere kry, deur my te motiveer om musiek te neem en my te help besef waar my talente lê, deur om te gee oor my gesindheid teenoor die wêreld ten spyte van dít wat al met my gebeur het en my te laat glo dat daar goed in almal bestaan en dat Jesus vir my net so lief is soos vir almal anders.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dinge wat ek vandag onthou, is nie groot gebeurtenisse nie. Die dinge wat my aangevuur het om beter te wees, om die beste te wees en om ’n goeie mens te wees, is die kleinste gebare en dit bly by my in alles wat ek doen. Die liefde wat aan my gegee is en die ondersteuning van my keuses en die opbou van my menswees was al wat ek nodig gehad het om myself op te tel – iemand wat in my glo, iemand wat my held kon wees, al het ek nie toe geweet hoe baie dit later in my lewe sou beteken nie.

So, vir my, bestaan helde werklik! Hulle dra nie “tights” nie en het nie “capes” of maskers nie. Hulle het nie geheime identiteite nie en verander nie van kleur of grootte nie. Hulle is elkeen van ons wat ons oor ’n kind ontferm, doodgewone mense wat liefde en geduld en ondersteuning bied aan ’n kind, mense wat elke dag op straat verby jou loop. En JY!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wees ’n Superhero! God het jou reeds al die “super powers” gegee om dit te kan doen. En elke kind verdien dit om ’n held te hê.

Ons kinders is ons toekoms!

Bron: Solidariteit Helpende Hand

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: jaysuperheld

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

1 hour Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

7 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

8 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.