• Downsindroom is ’n genetiese toestand wat die algemeenste voorkom en word veroorsaak deur ’n ekstra kopie van die chromosoom 21, wat matige tot gemiddelde intellektuele gestremdheid tot gevolg het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• Tipiese persone het elk 46 chromosome (23 van elke ouer). Persone met Downsindroom het ’n ekstra chromosoom 21, m.a.w 47 chromosome.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Downsindroom is ’n toestand, nie ’n siekte nie, en is nie aansteeklik nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Trisomie 21 is die algemeenste van die drie soorte.
• In Mosaik Downsindroom word nie al die selle geaffekteer nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Translokasie Downsindroom is oorerflik.
• Die presiese oorsaak van Downsindroom is nie bekend nie.
• Downsindroom word nie bepaal deur omgewingsfaktore nie.
• Downsindroom ontstaan tydens konsepsie.
Downsindroom is vernoem na Dr. John Langdon Down, ’n Britse geneesheer, wat in 1866 die eerste keer die kenmerke van Downsindroom beskryf het.
Sindroom: ’n Versameling van tekens en simptome wat gewoonlik in kombinasie gevind word.
• Die oë neig opwaarts
• Voutjie aan die binnekant van die ogies
• Plat neusbrug
• Kleiner neus en mond
• Klein oortjies wat laag teen die kop sit
• Tong wat geneig is om uit te hang
• Enkel lyn in die handpalm – simian vou
• Breë hande met kort vingers en gebuigde pinkie
• Gaping tussen die groot- en tweede tone
• Lae spiertonus
• Ongewone los gewrigte
Verskeie noemenswaardige gesondheids- en medies verwante toestande is meer algemeen by persone met Downsindroom. In die verlede het dit gelei tot ’n kort lewensverwagting. Vandag, met gevorderde chirurgiese en mediese behandelings, hoef persone met Downsindroom nie meer gesondheidsprobleme as enige iemand anders te hê nie.
• Aangebore hartkwale
• Leukemie
• Aansteeklike siektes
• Demensie
• Slaapapnee
• Obesiteit
• Hipotiroidisme
• Swak ouditiewe prosessering wat stadige taalontwikkeling tot gevolg het
• Visieprobleme
• Gehoorverlies en klanksensitiwiteit
• Toestande wat die maag en gastrointestinale sisteem affekteer
• Boonste lugweginfeksies
• Droë hare en vel
• Nekprobleme
• Verlaagde uitdrukking van pyn
Downsindroom kan tydens swangerskap opgespoor word met die volgende prenatale toetse:
• Ultraklank Sonar1 om vas te stel of daar vloeistof om die nek is.
• Bloedtoets1 om vas te stel of vlakke van PAPP-A en HCG abnormaal is, wat daarop kan dui dat iets skort.
• Amniosintese2 waar die amniotiese vloeistof rondom die fetus onttrek word tydens die 15de – 16de week van swangerskap en weggestuur word na ’n laboratorium vir ’n chromosoom analise.
• Chorioniese villus monsterneming2 is ’n toets waar ’n monster van die vrugvlieshaarvlokkies van die plastenta verwyder word vir toetsing.
• Cordocentesis2 waartydens van die fetus se bloed uit die naelstring getrek word vir toetse.
• 1Toetse is slegs siftingstoetse en nie diagnosties nie – kan ’n valse negatief aandui.
• 2Toetse is diagnosties maar ingrypend, en kan dus die risiko verhoog op ’n miskraam, matige tot ernstige infeksie, lekkasie van amniotiese vloeisof en fetale-moederbloeding.
Downsindroom kan nie genees word nie. Dis ’n onomkeerbare toestand
Onthou: Die behoorlike ondersteuning en families wat omgee kan die kwaliteit en vermoëns van babas met Downsindroom tot hulle maksimum potensiaal laat ontwikkel, sodat hulle produktiewe lewens kan lei. Vroeë ingryping en stimulasie-programme is noodsaaklik.
Die meeste ouers reageer net soos duisende ouers voor hulle wanneer hulle die diagnose ontvang.
• Ontkenning is een van die eerste reaksies. “Hoe kan dit met ons gebeur, ons kind, ons familie?”
• Skuldgevoel. “Het ons iets verkeerd gedoen?” Soms voel ouers hulle word deur God gestraf. “Hoekom ek? Wat het ek gedoen om dit te verdien? Het ek goed genoeg na my self gekyk tydens die swangerskap?”
• Vrees vir die onbekende is ’n ander onmiddellike reaksie.
• Teleurstelling. Dié is nie die baba waarvoor jy gehoop en oor gedroom het nie. Jy is nie vervul met vreugde oor die geboorte van jou baba nie.
• Verwerping is ’n werklike emosie. Verwerping en ook soms ’n doodswens vir die baba.
• Gebrek aan selfvertroue en selfbejammering. Jy kan begin om te onttrek en voel selfbejammering. Onthou jy het familie wat waarskynlik self deur baie van hierdie fases gaan en jou gevoelens ook ervaar.
• Nie alle ouers gaan deur elkeen van hierdie fases, maar dit is belangrik vir jou om te identifiseer deur watter gevoelens jy gaan ente besef dat jy nie alleen is nie.
Persone met spesiale behoeftes is ook eerstens mens, en behoort op hulle name genoem te word of met verwysing na die persoon met Downsindroom.
Afbrekende terminologie wat vermy behoort te word:
• ‘Daardie Downs-baba’
• ‘My Downsie’
• ‘Verstandelik vertraag’
Verwys altyd na:
• ’n Persoon met Downsindroom in plaas van ‘n ‘Downsindroom-persoon’.
• Persone met Downsindroom val in die matige tot gemiddelde spektrum van intellektuele gestremdheid.
• Kinders met Downsindroom kan in hoofstroom skole met ’n inklusiewe beleid funksioneer.
• As volwassenes die geleentheid gegee word om te werk, is hulle gewillig en vaar hulle gewoonlik baie goed.
• Nes soos ander kinders, word kinders met Downsindroom gebore met ’n verskeidenheid kwaliteite en vermoëns.
• Hoër ouderdom by mammas speel ’n rol, maar is nie ’n gegewe nie.
• ’n Tweede kind met Downsindroom is moontlik.
• Downsindroom tref nie onderskeid tussen geloof, ras, ouderdom of sosio-ekonomiese stand nie.
• Downsindroom word nie veroorsaak deur enigiets wat die ouers voor of gedurende swangerskap gedoen of nie gedoen het nie.
• Die voorkoms van Downsindroom in Suid-Africa is ongeveer 1 uit elke 500 lewende geboortes.
• Persone met Downsindroom lyk ’n bietjie anders en is oor die algemeen tot minder in staat as tipiese persone. Dit is egter belangrik om te besef dat die lewe van alle mense dieselfde waarde het en dat almal dieselfde regte het.
• Mense reageer op verskillende maniere teenoor diegene met ’n leergestremdheid. Sommige vermy kontak as gevolg van ’n gevoel van verleëntheid. Ander is meer beskermend en dring daarop aan om te help met dinge wat die persone vir hulself kan doen.
• Stereotipering en veralgemenings soos “persone met Downsindroom het dieselfde temperament,” is nie ongewoon nie.
• Persone met Downsindroom moet gesien word as individue.
Webblad: www.downsyndrome.org.za
Facebook: www.facebook.com/pages/Down-Syndrome-South-Africa
Twitter: @DownSyndromeSA
Kontaknnommer: 0861 369 672
Epos: dssa.odo@icon.co.za
• DSSA: Basic Support for Children with Special Needs Training Manual: What You Need to Know – Updated 2013
• DSSA: Step by Step into the Future. An Introduction to Down syndrome – 2004
• Department of Health: National Guidelines for the Care and Prevention of Most Common Genetic Disorders, Birth Defects, and Disabilities Training the trainer and empower people with Down Syndrome and their families – 2005
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.