kategorieë: Ontspanning

Alles wat jy van kykNET se nuwe komediereeks, ‘Pronk Primêr’ moet weet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Pronk Primêr volg die wel en wee van vyf skoolvriende wat nou saam onderwysers by hul alma mater is. By hierdie klein dorpie-laerskool swaai dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Wiskunde-onderwyseres, Ada (Juanita de Villiers), keer terug na haar alma mater, Pronk Primêr, ’n laerskool in ’n klein dorpie, waar van haar ou skoolvriende – Earl (Pietie Beyers), Charl (Solomon Cupido), Driena (Laura-Lee Mostert) en Filip (Jaco Muller) – ook skoolhou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hulle eertydse skoolhoof, Mnr. Welgehawe (Tobie Cronjé), is jou wrintie steeds aan stuur van sake.

Maar hy is nie die enigste uitdaging wat die onderwysers, binne en buite die klaskamer, in die gesig staar nie.

Daar is Charl se pogings om dissipline te handhaaf, liefdesdriehoeke, aanlyn flankeerdery, inspeksies en Filip se ongemak wanneer hy gesinsvoorligting moet aanbied. En die kersie op die koek: die groot bal wat vir fondsinsameling gehou moet word.

Ook deel van die rolverdeling is Condré Scholtz, Milan van Vuuren, Karin Retief, Marijke van der Westhuizen en Ruanco Ueckermann.

André Velts: Kreatiewe vervaardiger en regisseur

“Vandat ons die reeks begin ontwikkel het, het ons geweet daar moet ’n skoolhoof wees en dat Tobie die perfekte Meneer Welgehawe sal wees. Ons is baie gelukkig dat hy die rol aanvaar het.

Ons het saam met kykNET deur ’n oudisieproses gegaan om die ideale kombinasie van akteurs te vind om die vyf vriende te vertolk. Die uitdaging was om ’n rolverdeling te vind wat geloofwaardig sal wees as vriende wat mekaar al amper 30 jaar lank ken.”

Desiré Gardner: Hoofskrywer

“Inspirasie vir stories is eintlik oral om ons, en ek is mal daaroor om daardie stories te vertel – dit waarmee mense hulle kan vereenselwig. Ek is geseënd om my lewe met my twee kinders, wat tans in die laerskool is, te deel. Soms sien ek baie mooi stories om my uitspeel en gebruik dit as inspirasie.

Alhoewel die idees vir van die temas uit my verbeeldingswêreld kom, is dit tog ook geanker in die werklikheid. Ek glo onderwysers is van die grootste juwele in ons samelewing en om ’n storie te vertel oor hulle doen en late, is ’n inspirasie op sigself.”

Soné Combrinck: Uitvoerende vervaardiger

Pronk Primêr is by Irene Primary School in Irene, Centurion, verfilm. Ons was baie gelukkig dat die skool in Desember en Januarie eksklusief tot ons beskikking was en die grootste deel van verfilming gedurende die skoolvakansie kon plaasvind.

Toe die skooljaar in Januarie begin, moes ons die leerders en hulle aktiwiteite in ag neem, maar die filmspan se teenwoordigheid het ook vir groot opgewondenheid onder die skoolkinders gesorg.”

Irene Primêre Skool is in Mei 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) gestig en het vir die Boerkinders in die Irene-konsentrasiekamp voorsiening gemaak.

Die skool is meer as 120 jaar oud en is reg langs die destydse Irene-konsentrasiekamp geleë.

Die skool het ’n ryk geskiedenis, en die klaskamer waar kinders tydens die oorlog skoolgegaan het, het op die perseel behoue gebly.

Pronk Primêr begin op Maandag 1 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Trix Vivier oor die dapper dramareeks ‘Juffrou X’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

14 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

15 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

18 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

19 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.