Deur Bea Lingenfelder. Foto’s: © 2018 AFI – African Fashion International Fashion Week
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Geliefde ontwerpers soos MaXhosa by Laduma en Imprint het die gehoor meegevoer met hul Afrika-reis op die loopplank. Die MaXhosa-reeks is bekend vir sy “moderne, kontemporêre kleredrag wat die inwoners van Afrika sou aantrek as die kultuur nog in sy oorspronklike vorm omhels kon word.” Patroonryke wintermateriale soos wol en ander weef-kombinasies is in ’n warm, helder kleurpalet vertoon. Klere is soos Afrika-komberse om die modelle gedrappeer, vernuwe met moderne elemente soos leerbelde, vlieënierbaadjies en oopskouerrokke.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Met ’n string erebenoemings agter haar naam het Leigh Schubert ons weer verlief gemaak op die klassiek-met-’n-kinkel gevoel. Wit hemde, kimono’s en ander stapelitems is omskep tot iets speels en besonders. Haar sukses word as gevolg van haar “toeganklike, gesofistikeerde, maar tog opvallende unieke styl” gekenmerk. Dit is ’n styl wat jy van die loopplank direk tot in jou klerekas kan koop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die eerste aand se vertonings is met betowerende ontwerpe van Quinteria & George afgelsuit. Die reeks is deur hul besoek aan Swaziland geïnspireer. Hierdie land se koninkryk is as die ondertoon van die reeks beskou en die droomagtige atmosfeer het die drome van jong dames uitgebeeld wat nog altyd ’n koningin of prinses wou word.
Die modeweek is Saterdagaand op ’n nostalgiese noot afgesluit. Orapeleng het die gehoor meegevoer met ontwerpe kenmerkend aan vroulike ikone soos Audrey Hepburn, Diana, Grace Kelly, en so meer. Die reeks “Beyond the Grave” lê klem op die 50 jaar waarin baanbrekervroue ’n aansienlike invloed op velde soos mode, ekonomie en die film-industrie gehad het. Daar was swewende aandrokke tot blinkerpakke, en uiteindelik die applaustrekker-rok wat almal betower het.
Met die hedendaagse veldtogte oor liggaamsvorme is dit amper onmoonlik om nié ’n reeks te verbreed wat vir alle liggaamtipes beskikbaar is nie. Die Boss Lady-reeks het hulde aan vroue gebring met ontwerpe wat vleiend is en aangepas kan word tot enige liggaamstipe. Van sweetpakbaadjies met oop skouers tot meerminstert-maksirokke – die “Boss Lady” is vereer in al haar eienskappe. Die ontwerper het met hierdie aanhaling haar vertoning begin:
“Being a Boss Lady does not necessarily mean that you’re the CEO of XYZ company. Anyone can be a boss lady, whether you’re at work or at play, an employee or an employer. A boss lady is a respectable femme fatale in her own right – she is naturally strong, poised and holds her presence in a crowded room.”
Emosies het hoog geloop met die vertoning van Craig Port se reeks: Tell Laura I love her. Hy het die reeks aan sy onlangs oorlede suster, Laura, opgedra. Volgens Craig het sy suster hom oor die verandering van die popkultuur geleer en hom blootgestel aan ’n prettige, pittige en glansryke wêreld. Sy reeks skep ’n vroeër jare “disco”-atmosfeer met uitklokbroeke van fluweel, blinkerversierings en silhoëtte wat beweging skep met elke tree. ’n Paar verrassing-verskynings is deur sy dogter en familie se kinders gemaak wat die gehoor se harte verder gesteel het.
Met elke nuwe reeks van Imprint word die bemagtiging van vroue gemotiveer, veral in sukkelende omstandighede ten opsigte van kultuur, ras, ekonomie en identiteit in Afrika. Die ontwerper se ma en sy kinderdae-herinneringe tree hoofsaaklik as sy inspirasie op. Die nuwe reeks handel daaroor om terug te keer na jou oorsprong en jou tuiste te vind. Op hierdie manier word die Afrika-kultuur se oorsprong gevier. Die reeks is ’n uitbeelding van ’n moderne, Afrika-koningin en gebruik geometriese patrone, helder kleure en dramatiese beweging.
Patrone in oormaat: Of dit nou ’n Afrika-, tropiese of futuristiese aanslag gehad het, dit is duidelik dat hierdie winter alles behalwe eentonig gaan wees.
Eties: Plaaslike en omgewingsvriendelike mode is vir ’n geruime tyd al groot nuus. Bewegings soos die Fashion Revolution het tydens hul vertoning ’n opvoedingsvoorskou aangebied, soos Lalesso wat onder meer die belangrikheid van ons waterbronne aangespreek het.
Deursigtige materiale: Hoewel materiale soos netsy en sjiffon lig en deursigtig is, is dit een van die gunsteling- laag-op-laag materiale vir die winter. Die vloeiende beweging wat deur die ligte net geskep word, balanseer die swaarder woltruie en jasse uit.
Beklemtoonde skouers: Of dit deur middel van skouerkussings of kaal skouers beklemtoon is, vanjaar se modeweek het gefokus op die slanke nek en skerp skouers. Dis ’n vleiende voorkoms en terwyl nie almal van ons daardie koue dae met ’n kaal nek en skouers wil trotseer nie, het ontwerpers soos Diane Paris en AFI Privé X David Tlale bewys dat pofmoue, skerphoekige baadjies en valle net so gewild is.
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.