Alles wat jy moet weet oor Reach for a Dream se Slipper Day 2019 inligting en foto’s verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Suid-Afrikaners het laasjaar gehelp om die drome van honderde Reach For A Dream- kinders waar te maak:
• Vatsha Ayabonga het vir die eerste keer gevlieg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Marlon Mohamed het sy rugby-held, Patrick Lambie, ontmoet.
• Endinako Jack het haar eie skootrekenaar ontvang.
En daar was nog baie meer glimlaggies landwyd!
Die droomlys groei daagliks, maar die veldtog bring hoop en vreugde aan baie Suid-Afrikaanse kinders en hul gesinne. Die veldtog skep magiese oomblikke om kinders kans te gee om weer kind te kan wees ondanks ’n lewensbedreigende siekte.
Vanjaar kan jy weer help om drome te bewaarheid deur deel te neem aan Reach for a Dream se Slipper Day 2019-veldtog! Broodnodige fondse sal ingesamel sal op hierdie dag om kinders wat aan lewensbedreigende siektes ly, te help. Vanjaar se tema is dapperheid.
Om deel te neem aan Slipper Day moet jy ’n polsbandjie teen R10 koop en dan kan jy jou gunstelingpantoffels na die skool, werk, universiteit, gimnasium, winkels of net om die huis dra. Jy kan die polsband koop by Pick n Pay, Wimpy of Dis-Chem winkels of by enige van die Reach For A Dream-takke.
As jy jou R10-polsbandjie en pantoffels by dra en ’n draai maak by Wimpy, kry jy ook ’n gratis koffie (of warm sjokolade vir kinders onder 12) van Wimpy.
“Die vervulling van drome gee ouers hoop en inspireer kinders om te glo in die krag van wat ’n droom kan doen.” – Julia Sotirianakos, uitvoerende hoof, Reach For A Dream
In net meer as drie dekades het die Reach For A Dream Foundation meer as 3 miljoen lewens aangeraak. Om siek kinders se drome waar te laat word, help hulle glo dat môre die moeite werd is om voor te veg.
Besoek hul webwerf by www.reachforadream.org.za. Deel jou pantoffeloomblikke met # SlipperDay2019
Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…
Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…
Bestanddele 500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…
Iemand het uiteindelik kykNET se miljoenrandvraag op die gewilde vasvraprogram Wie word ’n miljoenêr? beantwoord. …
Maak werk van dié kwessies en kry weer woema terug! #rrTussenOns
Die huidige Mej. Suid-Afrika, Mia le Roux, het vandag in ’n video op sosiale media…
Hierdie webwerf gebruik koekies.