Die wenners van 2017 se Suid-Afrikaans Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTAs) is op 16 en 18 Maart by Sun City bekend gemaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Afrikaanse produksies beleef tans ’n bloeitydperk en kan met heelwat groot toekennings spog. In die afgelope paar jaar het nuwe en talentvolle filmmakers na vore gekom om met nuwe stemme en vars perspektiewe ons Suid-Afrikaanse stories te kom vertel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Films soos Noem my Skollie en Nobody’s Died Laughing maak opslae in die bedryf en bring eg Suid-Afrikaanse stories na ons filmteaters en TV-skerms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Nobody’s Died Laughing het die toekenning vir Beste dokumentêre film en Beste prestasie vir klankontwerp vir ’n dokumentêre film gekry:
Beste akteur in ’n vollengte film: Dann-Jacques Mouton
Beste prestasie in produksie-ontwerp vir ’n vollengte film: Warren Gray
Beste prestasie in kostuumontwerp vir ‘n vollengte film: Emma Moss
Beste prestasie in grimering en hare vir ’n vollengte film: Gale Sheperd
Beste akteur in ’n vollengte film: Abdurahgmaan Adams
Ons het ook skielik nuwe komedies soos Hotel (wat deur Nouvanaand vervaardig is) wat beslis ook internasionaal kan meeding. Die komediant James Borwick, beter bekend as Ferdie Kruger in Hotel, het ’n SAFTA-toekenning ontvang vir die beste akteur in ’n TV-Komedie:
Almal was mal oor Die Boekklub en ons kan heeltemal verstaan waarom – die produksiespan het die storie op ’n boeiende wyse vertel. Die draaiboek was manjifiek en die vertolkings van karakters deur akteurs soos Jana Cilliers, Armand Aucamp, June van Merch en Christia Visser was lewensgetrou.
Jana Cilliers is vir haar rol in Die Boekklub as die Beste ondersteunende aktrise in ’n TV-drama aangewys:
Louis Pretorius het die Beste prestasie in teks of draaiboek vir ’n TV-drama ontvang, ook vir Die Boekklub.
Die hartroerende en skokkende verhaal van Rachel wat haar kind se skielike dood moet probeer verwerk en boonop haar werkgewers moet vergewe, het selfs by internasionale filmfeeste aandag getrek.
Beste prestasie in oorspronklike musiek vir ’n vollengte film: Chris Letcher
Beste prestasie in redigering vir ’n vollengte film: Nicholas Costaras en Brett Michael Innes
Beste prestasie in ’n teks of draaiboek vir ’n vollengte film: Brett Michael Innes
Beste Vollengte Film: Sink
Beste aktrise in ’n vollengte film: Shoki Mokgapa
Karen Zoid het die toekenning vir die Beste aanbieder van ’n geselsprogram vir Republiek van Zoid Afrika ontvang:
Beste prestasie in kinematografie vir ’n TV drama: Adam Bnetel
Beste prestasie in na-produksie: Oorspronklike musiek in ’n TV drama: Janine Neetling
Beste prestasie in kuns-/ produksie-ontwerp in ’n TV-drama: Bathoni Robinson
Beste prestasie in garderobe, grimering en hare in ’n TV-drama: Julia Rubinstein en Sulet Meintjies
Beste prestasie in na-produksie: Redigering in ’n TV-drama: Ula Oelsen en Johan Cronje
Die Afrikaanse filmbedryf groei jaarliks en ons is trots op elke wenner by vanjaar se SAFTAs. Baie geluk!
In ander nuus is Real Talk With Anele as die Beste geselsprogram op radio aangewys:
Braai ’n hoender, ’n peri-peri-hoender! Resep deur Vickie de Beer. Foto Charles Russell
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf/M-Net. Volgens die Ierse aktrise Maria Doyle Kennedy was…
Die gewilde sepie Binnelanders se splinternuwe karakter is allesbehalwe eendimensioneel. Petro, wat deur die talentvolle…
Basiese meringue-resep Genoeg vir een middelslag-pawlowa. Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker…
Hulle eenheid se naam is heel gepas 'Asem', en ná ’n spanningsvolle finale beoordeling kon…
Deur Christa Swanepoel Dis ’n diep hartseer wat menige vrou ervaar. Elke maand, vir twee…
Hierdie webwerf gebruik koekies.