kategorieë: Bekendes

Alles oor die 90ste Oscars

Deur Catherine Schenck. Foto Kevin Winter/Getty Images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

4 Maart 2018 was ’n groot aand vir die Oscars en hoewel dit die 90ste keer was wat hierdie toekennings plaasgevind het, was dit ook ’n aand van heelwat eerstes. Die oudste Oscar-wenner ooit, James Ivory, het in die ouderdom van 89 die Oscar ontvang vir sy draaiboek vir Call Me By Your Name (in dieselfde kategorie was daar ook Dee Rees, wat die eerste swart vrou is wat ’n nominasie ontvang het vir beste draaiboek saam met Virgil Williams).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aan die ander kant was daar die jongste manlike Oscar-genomineerde in meer as 80 jaar, die 22-jarige Timothée Chalamet, vir sy rol in dieselfde film, Call Me By Your Name. Hy het egter nie gewen nie. Gary Oldman het met die toekenning weggestap vir sy rol as Winston Churchill in The Darkest Hour. Jordan Peele is die eerste swart regisseur wat in een jaar nominasies in die volgende drie kategoriëe ontvang het: regie, draaiboek, en vervaardiging. Hy is verder die eerste swart skrywer wat ’n Oscar ontvang het vir sy draaiboek vir die film Get Out.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die kinematografie-kategorie het die wenner, Roger Deakins, sy heel eerste Oscar gewen vir Blade Runner 2049, ten spyte van 14 vorige nominasies. In dieselfde kategorie was daar ook die heel eerste vrou wat ’n nominasie vir kinematografie ontvang het: Rachel Morrison vir Mudbound. Robert Lopez, wat vanjaar (saam met sy vrou Kristen Anderson-Lopez) ’n Oscar ontvang het vir die beste liedjie in ’n film, is die eerste persoon wat twee keer ’n “EGOT“-ontvang het. EGOT verwys na Emmy, Grammy, Oscar, en Tony – vier van die grootste toekenings in die vermaaklikheidsbedryf. Lopez het dus ten minste twee keer elke toekenning ontvang – en boonop het hy sy eerste EGOT op die ouderdom van 39 gewen, wat hom die jongste persoon met ’n EGOT maak.

Alhoewel hierdie spoggeleentheid nie so ’n eksplisiete fokus op sekere ongelykhede in die bedryf gehad het soos byvoorbeeld die Golden Globes waar almal swart gedra het nie, is daar wel  geleentheid gegee aan verteenwoordigers van beweging soos #MeToo en Time’s Up om toesprake te maak. Baie bedankingstoesprake is ook gemaak met boodskappe van regverdige rasseverteenwoordiging, teen seksuele teistering, teen xenofobie, Trump se immigrasiereëls en vir die regverdige betaling van manlike en vroulike akteurs en ander persone in die vermaaklikheidsbedryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gepraat van toesprake … In sy openingstoespraak het die aanbieder Jimmy Kimmel ook moontlike wenners aangemoedig om nie lang toesprake te maak nie. Om kort toesprake te motiveer het Kimmel ’n waterponie beloof aan die kortste bedankingspraatjie van die aand. Hy het selfs die waterponie gewys, wat deur Helen Mirren vertoon is. Die wenner van die waterponie was uiteindelik Mark Bridges, wat die Oscar vir beste kostuumontwerp ontvang het vir Phantom Thread.

Kyk hier na die skreeusnaakse video:

Die wenners:

Beste rolprent: The Shape of Water

Beste akteur: Gary Oldman, The Darkest Hour

Beste manlike byspeler: Sam Rockwell, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste aktrise: Frances McDormand, Three Billboards Outside Ebbing, Missouri

Beste vroulike byspeler: Allison Janney, I, Tonya

Beste regisseur: Guillermo del Torro, The Shape of Water

Beste animasiefilm: Coco, Lee Unkrich, Darla K. Anderson

Beste animasie-kortfilm: Dear Basketball, Glen Keane, Kobe Bryant (terloops, die Suid-Afrikaanse produksie Revolting Rhymes was op die kortlys, maar het ongelukkig nie gewen nie. Lees hier om meer oor dié film uit te vind)

Beste aangepaste draaiboek: Call Me By Your Name, James Ivory

Beste oorspronklike draaiboek: Get Out, Jordan Peele

Beste kinematografie: Blade Runner 2049, Roger Deakins

Lees hier om meer uit te vind oor Blade Runner 2049

Beste vollengte dokumentêre film: Icarus, Bryan Fogel, Dan Cogan

Beste kort dokumentêre film: Heaven is a Traffic Jam on the 405, Frank Stiefel

Beste kortfilm: The Silent Child, Chris Overton, Rachel Shenton (Toe hierdie toekenning aanvaar is, het Rachel Shenton haar praatjie in beide spraak en vingertaal gelewer, omdat sy die sesjarige aktrise in die film belowe het sy sal dit doen.)

Beste buitelandse film: A Fantastic Woman (Chile)

Beste filmredigering: Dunkirk, Lee Smith

Beste klankredigering: Dunkirk, Mark Weingarten, Gregg Landaker, Gary A. Rizzo

Beste klankvermenging: Dunkirk

Beste produksie-ontwerp: The Shape of Water, Paul D. Austerberry, Jeffrey A. Melvin, Shane Vieau

Beste oorspronklike klankbaan: The Shape of Water, Alexandre Desplat

Beste oorspronklike liedjie: Remember Me, Coco, Kristen Anderson-Lopez, Robert Lopez

Grimering en hare: The Darkest Hour, Kazuhiro Tsuji, David Malinowski, Lucy Sibbick

Kostuum-ontwerp: Phantom Thread, Mark Bridges

Visuele effekte: Blade Runner 2049, John Nelson, Paul Lambert, Richard R. Hoover, Gerd Nefzer

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.