Benodighede
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maak so vir die swartbord en organiseerder
1 Meet aan die agterkant van die leer die grootte van die opening waar die bord moet kom.
2 Merk die grootte op die veselbord en saag uit.
3 Verf die voorkant van die bord met swartbordverf, laat droog word en verf ’n tweede laag.
4 Heg die punt van die lint of tou aan die onderkant van ’n sport met ’n spykertjie, gom- of kramgeweer. Draai die lint of tou verskeie kere om die sporte en heg die los punt op dieselfde wyse.
5 Sit die leer plat op die grond met die agterkant na bo, plaas die swartbord in posisie en kap met paneelspykers vas.
Maak so vir die sakkie
1 Sny ’n reghoek van 30 cm x 20 cm uit die seildoek.
2 Sny twee stukkies leer van 20 cm x 3 cm vir die omboorsels en kap elke kort sy om met die leer.
3 Vou regte kante op mekaar in die helfte met die kort sye op mekaar. Sny ’n keep van 2 cm x 2 cm op elke hoek van die voulyn.
4 Stik die sye aanmekaar met ’n 5 mm-naattoelating.
5 Bring die voulyn en die naat na mekaar op een van die oopgesnyde hoekies, druk die opening toe, ryg en werk vas. Doen dieselfde met die ander hoek.
6 Keer die sakkie uit en druk die hoeke met ’n skêr se punt uit.
7 Kap die sakkie met paneelspykers op die verlangde posisie aan die leer vas.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.