• 400 g gerookte snoek, gevlok en grate versigtig verwyder
• 1 k (250 ml) gaar mieliepitte
• ½ k (6-8) droë appelkose, fyngekap
• ¼ k (60 ml) geroosterde grondboontjies
• 2 grasuie, in skyfies gesny
• ½ fyngekapte rooi-ui
• ’n hand vol gekapte vars koljander
Mosterdslaaisous
• 1 k (250 ml) mayonnaise
• 1 k (250 ml) volroom Griekse jogurt
• ½ k (125 ml) korrelmosterd
• 2 t (10 ml) mosterdpoeier
• 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
• 1 e (10 ml) fyngerasperde gemmer
• 2 e (30 ml) heuning
• sap en skil van een suurlemoen
Instructions
Gerookte snoekslaai met mosterdslaaisous
Meng die gevlokte vis, mielies, appelkose, grondboontjies, grasuie, rooi-ui en vars koljander in ’n groot mengbak.
Meng die mayonnaise, jogurt, korrelmosterd, mosterdpoeier, knoffel, gemmer, heuning en suurlemoen in ’n bakkie.
Viskoekies
Genoeg vir 6-8 koekies Bêre vir 2-3 dae in die yskas in ’n digsluitende houer, of vries vir volgende week.
• Meng 1½ k (375 ml) snoekslaai (*sien resep bo), 1 liggies geklitse eier, ½ fyngekapte jalapeno, 1 e (5 ml) garam masala, ½ t (2,5 ml) fyn komyn, ½ t (2,5 ml) fyn koljander en ¼ k (60 ml) mosterdslaaisous (*sien resep bo) en sap van 1 lemmetjie in ’n mengbak. • Vorm viskoekies met ’n deursnee van 5 cm en 1 cm dik met die mengsel. • Verhit 2 e (30 ml) olyfolie in ’n pan oor matige hitte. • Doop die koekies in geklitste eier (omtrent 2 eiers) en bedek met panko-broodkrummels, braai vir sowat 2 min. aan albei kante tot goudbruin. • Sit met soetrissiesous voor.