kategorieë: Gesondheid

Allergie & los gelukkies

Die jongste toetse kan baie fyner as tevore bepaal waarvoor jy regtig allergies is, hoe gevaarlik jou allergie is, en selfs of jy dit sal ontgroei. Jou kind kan dalk tog daardie hondemaatjie kry, al is hy allergies vir honde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy kan ’n hond kry as …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Honde is die bron van vier algemene soorte allergene (stowwe wat ’n allergiese reaksie by jou ontlok). Reuns en tefies se allergene verskil. As jy allergies is vir nét die reun-spesifieke allergene kan julle ’n tefie aanhou sonder dat jy sit met asma, ekseem of sinusprobleme, sê dr. Cathy van Rooyen van Pathcare. Hoe weet jy? Vra jou dokter om die regte bloedtoets aan te vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan ’n kat kry as …

Daar is vier hoofsoorte allergiese reaksies in jou liggaam. ’n Allergeen kan jou IgE, basofiele, T-selle of eosinofiele aktiveer, wat elkeen op sy eie manier die allergiese simptome veroorsaak, soos ’n loopneus, ekseem, diarree, asma en swelling – wat so erg kan wees dat jy daaraan kan sterf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

IgE-allergie is gewoonlik matig, terwyl van die ander soorte, soos die een waarin jou T-selle geaktiveer word, dodelik kan wees. ’n Katallergie is dikwels IgE gebaseer. Dus is katte meestal gevaarliker vir die muise in die omgewing as vir jou.

Daar is nog ’n voordeel aan ’n IgE gebaseerde allergie: dit kan redelik suksesvol met desensitering omgekeer word.

As jy oor ’n lang tyd aan die allergeen blootgestel word, soos deur weeklikse inspuitings met ’n middel waarin die allergeen opgelos is, “verleer” jou liggaam die allergie ná drie tot vyf jaar. So kan jy suksesvol van jou allergie “genees”.

Dit werk net so met katte – maar net met jou eie een.

As katte ’n IgE-reaksie by jou ontlok én geeneen van die ander reaksies nie, sal jou liggaam hom ná ’n paar maande teen jóú kat desensitiseer maar nie teen ánder katte nie. Vir hulle bly jy so allergies soos altyd.

Jy kan grondboontjies eet as …

Grondboontjies kan van ’n potensieel dodelike reaksie tot ’n bra matige allergie ontlok. Tot nou toe moes alle sensitiewes grond-bone heeltemal uitsny – ’n ne(u)telige een omdat grondbone in so baie supermarkprodukte voorkom.

Maar dalk is jy een van die gelukkiges, want toetsing kan nou wys wát aan die grondboon jou vang. Dit is dalk net die rooibruin skilletjie om die neut, wat jy maklik van vars grondbone kan verwyder, terwyl jy nie sal weet of neute met of sonder skilletjies in iets soos koekies of grondboonbotter gebruik is nie. Of dalk het jy net ’n IgE-reaksie, en sal ’n bietjie grondbone nou en dan min skade doen.

Maar as jy allergies is vir die sogenaamde stoorproteïene, en veral vir een met die naam rArah2, moet jy grondbone heelte-mal vermy.

Jy kan melk drink as …

Allergene val in twee groot hoofgroepe: dié wat stabiel is en dié wat deur hitte afgebreek kan word. Met ander woorde jy reageer net teen die kossoort wanneer dit rou is. Gaar pla dit jou nie.

Daarom reageer baie allergielyers glad nie op gekookte melk, gebakte tamaties, tamatiesous, soja en so aan nie.

As jy allergies is vir laktoglobien in melk, lyk sake rooskleurig: dit is ’n onstabiele allergeen wat afbreek sodra melk gekook word. Jy kan smul aan vla, melktert, kase, gladdejantjies, kondensmelkfudge en yskasterte. Selfs melkskommels en gegeurde melk gemaak met UHT-melk (boksmelk) kan werk. Nog goeie nuus: jy sal waarskynlik jou allergie ontgroei.

Maar as jy vir die kaseïen-deel allergies is, help gaarmaak en verwerk nie. En vergeet van hierdie allergie ontgroei.

As jy allergies is vir honde …

• Moenie dat jou hond aan jou lek nie, en veral nie as jy ’n melkallergie ook het nie, aangesien jy vir ander komponente in die speeksel allergies kan wees, soos BSA (bovine serum albumin).

of katte …

• Bad jou kat gereeld. Dit verminder jou blootstelling aan die BSA-allergeen vanaf sy slymvliese wat op sy pels beland wanneer hy hom met sy speeksel bad, in geval jy daarvoor allergies is.

of grondbone …

• Moenie met ’n grondboontjie-allergie eksperimenteer nie. Laat jou toets en kry die regte advies.
• Nes met grondbone, kan jy vir óf die skille óf die pitte óf die vlees óf al drie van talle ander vrugte allergies wees. As jy reageer op spanspek, kyk of dit ’n verskil maak as jy die pitte vermy. Of dalk kan jy afgeskilde pere eet, maar nie die pitte en skil nie.

of melk …

• Melk deel allergene met bok- en skaapmelk. As jy vir koeimelk allergies is, is jy baie waarskynlik ook vir die ander twee allergies.
• As jy allergies is vir BSA, gaan jy moontlik ook allergies wees vir beesvleis en selfs vir ander rooivleis soos skaap- en bokvleis. Probeer volstruis, vrylopende hoenders (wat nie veereste as deel van hul voer kry nie) en vis.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

3 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

9 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

10 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

11 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

11 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.