kategorieë: Blogs

Alleen fliek toe

Dit was 1976. Ek was iewers tussen vyf en ses jaar oud toe my pa die eerste keer vir ons ’n televisiestel gekoop het. Vasgenael het ons gesit, op die roesrooi mat in Meiringstraat 50 se sitkamer. Twee goed het by my vasgesteek: die storie van Heidi, Oupa, Peter en Klara en hul avonture in die Alpe en die doodse stilte wat oor huis en haard moes neerdaal as Pa nuustyd (skinkbordjie kos op sy skoot, met liefde van Ma) voor die TV kom stelling inneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy’t nie durf praat nie, stip voor jou gekyk en jou kos saggies gekou. Nuustyd was heilige tyd. Dit het my nooit gepla nie, want skielik was daar baie meer aan die wêreld as Meiringstraat, ons Bolandse dorp Worcester, die sloot leiwater voor die huis wat ons kon opdam en somertyd ons voete in kon afkoel, Tannie Anna se dreunstem langsaan wat jy hoor as sy tot laatnag vir haar blinde dogter boeke op band sit en voorlees, die Ouma aan die ander kant en die pienk, groen en blou gehekelde speldekussings wat sy vir ’n ekstratjie verkoop het, Tannie Bettie en Oom Mac twee huise verder, Blommie en haar interessante gryskopma oorkant die pad en straat-af se cool Emslie-seuns met hul lang kuiwe en skelm smiles.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek’t anders na die wêreld gekyk. Die stories op TV se skuld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dít was net die begin. Ek was nege toe my ma my die eerste keer alleen fliek toe laat stap het, dorp se kant toe, af met Hoogstraat, die muntstuk sweterig vasgeklem in my regterhand. Fliek toe. Alléén fliek toe. Vandag is alleen-fliek een van my grootste vreugdes. In stilte, stiller nog as destyds saam met Pa voor die TV-nuus. Of ek in die Kaap, Johannesburg, Pretoria, Durban, New York of Londen is – tyd vir alleen-fliek is nuustyd, heilige tyd.

Ek kyk steeds anders na die wêreld. Die flieks op TV en in die rolprentteater kry die skuld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dié week maak ek weer so. Aanhoudend. Aanmekaar. Alleen. In Afrikaans. Want dis tyd vir kykNET se vyfde Silwerskermfees in die Kaap. My lys lank: luister na Juan se storie in ’n Man soos my Pa, kyk wat sê die Beeslaer-familie van Frik du Preezstraat 24 in ’n Paw-Paw vir my Darling, vee trane af en beur voort saam met die talentvolle Phillip in Verskietende Ster en word stil in Dis ek, Anna.

Flieks gemaak oor Meiringstraat se mense, mense soos myne. Tannie Anna, haar blinde dogter, die hekelende ouma, Tannie Bettie, Oom Mac, Blommie, haar gryskopma en die mooi Emslie-seuns. Almal sterre in my fliek.

Ek jok. Vir myself, vir jou. Dis bog, dié storie van alleen-fliek. Heidi, Oupa, Peter, Klara, Ma, Pa en die hele Meiringstraat fliek elke keer saam.

Kom jy ook?

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

1 hour Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

2 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

4 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

22 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.