– Foto deur Kevin Mark Pass
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Alex Jay sluit by die Jacaranda FM aan om die Weekend Breakfast op Saterdae en Sondae tussen 06h00 en 10h00 aan te bied. Hy sal ook by Sacha Van Gelder op Jacaranda FM Regional aansluit, waar hulle Maandae tot Vrydae vanaf 12h00 tot 16h00 na Mpumalanga en Limpopo sal uitsaai.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jay bring meer as 36 jaar se ervaring na die luggolwe en hy is opgewonde oor die nuwe hoofstuk: “Ek is mal oor nuwe uitdagings. Die skuif na Jacaranda FM is ’n vars begin met baie potensiaal en natuurlik kry ek die geleentheid om met ’n reuse groep luisteraars, waarmee ek dalk nog nie vantevore kon gesels nie, te kuier. Dis fantasties!”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Jay gesels oor wat gehore kan verwag van sy programme. “Pret en plesier, ’n lekker atmosfeer, plus, seker die belangrikste, meer van die hoërskooltreffers waaroor jy mal is. So, skud jou litte los, maak jou hare los en kom ons doen dit!”
Ander groot nuus by Jacaranda FM is dat die voormalige Mej. Suid-Afrika, Liesl Laurie, nou Breakfast Xtra tussen 05h00 en 06h00 op weeksdae sal aanbied en ook haar beste voetjie voor sal sit om teen elf ander bekendes deel te neem in Dancing with the Stars SA, wat vanaf 4 Februarie op M-Net, kanaal 101 te sien sal wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees hier om meer uit te vind oor die aanbieders van MNet se Dancing with the Stars
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Genoeg vir 4. Bestanddele 6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Hierdie webwerf gebruik koekies.