kategorieë: Ons menseBekendes

Albert Pretorius gesels oor Ronnie se ‘merry-go-round’ in ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Kykers was woedend vir hom. Sommige het simpatie gehad. Ander het besef hoekom hy doen wat hy doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Op ’n kol sê Frans (Geon Nel): “Dis die merry-go-round van Ronnie Adendorff. Almal kry ’n beurt.” En dis presies wat Albert Pretorius en sy Ronnie-karakter kykers in Nêrens, Noord-Kaap Deel II laat beleef het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ronnie het werklik kykers op ’n emosionele reis geneem. Hy het ophou drink en weer begin. Daar was Suzette se ongeluk en sy hantering daarvan. Ook sy skok toe hy uitgevind het die geheim oor klein Lourens wat in die see wou loop, is vir hom weggesteek. Wat was jou reaksie toe jy die draaiboek gelees en gesien het wat alles met hom in die dertien episodes gebeur?

Ek dink my reaksie was maar soos meeste kykers s’n. Ek het bietjie op hom gegil en bietjie vir hom gelag en konstant gehoop hy vind die vrede wat hy nodig het. Ek het vermoed hy gaan weer drink, maar ek het nie geweet wat hom weer tot daardie punt gaan dryf nie. Suzette se storielyn was vir my ’n groot skok, en natuurlik die verbode aand met die eks. Ek het in die boek waarin ek my tonele afbreek en vir myself uitklaar, ’n tema of opsomming van elke toneel gemaak om te weet waar ek in die storie is wanneer ons skiet. Ek dink vir die toneel met die eks het ek net geskryf ‘career suicide’.

Kykers was baie kwaad vir Ronnie oor sy aand by Shannon. Het jy reaksie van hulle gekry?

Ja, ek het so hier en daar op sosiale media gesien dat mense kwaad is vir hom. Niemand het my darem direk aangeval of sleg gesê nie, maar ek verstaan die reaksie. Suzette is die kykers se sweetheart. Om haar te verneuk terwyl sy in ’n rolstoel is … eina.

Mens kan amper nie dink dat jy nié besope was in van die tonele nie. Hoe berei jy voor op daardie tonele?

Alles gebeur so vinnig dat mens dit nie te veel kan ontleed nie. Dis seker maar van oplet as mense om jou besope is. Die manier hoe hulle oë anders fokus, hoe hulle konsentreer om nugter te lyk. Iemand het gesê die trick is nie om dronk te speel nie, maar om iemand te speel wat probeer voorgee hulle is nugter.

Wat het jy by Ronnie geleer?

Nie net by Ronnie nie, maar by meeste van die manlike karakters – praat! Dis moeilik soms, en dis nie altyd lekker nie, maar opkrop is tien keer erger. Praat, manne, praat.

Daar is tonele in Deel II wat die kyker se harte in stukke skeur. Soos die toneel waar Ronnie plaas toe bel en met Maggie wil praat, maar dan antwoord Pa Lourens. Is die ernstiger tonele moeiliker om te speel?

Daar is soveel ratte wat draai. Soms is daar nie genoeg tyd nie of soms speel die toneel anders as wat jy beplan het. ’n Toneel wat mens dalk dink maklik gaan wees, is op die dag moontlik moeilik. Ander tonele is mens so bang voor dat dit ’n berg raak wat eintlik ’n molshoop is. Oor die algemeen voel ek dis moeiliker om mense te laat lag as om hulle te laat huil, maar die ligter oomblikke was lekker om te speel, veral omdat Nico dit so mooi geskryf het. Van die sinne in die reeks is werklik pêrels.

Het jy en klein Ronnie ooit gepraat oor julle onderskeie rolle?

Glad nie. Ek probeer onthou of ons al in lewende lywe ontmoet het. Ek was in albei seisoene nie op die plaas toe die terugflitse geskiet is nie, aangesien my storielyn meestal in die Kaap afspeel.

Wat was jou grootste vrees met veral Ronnie in Deel II? Was jy bang kykers sal hom nooit vergewe nie?

Ek was bietjie bang dat mense hom nie gaan kan vergewe nie; dat hulle gaan vaskyk in sy tekortkominge en nie na die groter prentjie nie. Jy moet steeds aan sy kant wees aan die einde. Maar ek dink Nico het mooi gewys hoekom hy is soos hy is. Dat hy nie sleg is nie, maar dat jare se seer aan ’n mens skaaf. Hy haat homself meer as enigiets of enigiemand. Ek glo hy leer belangrike lesse in episode 12 en 13. Kykers moet net vasbyt.

Deel II is die laaste van Nêrens, Noord-Kaap. As jy terugkyk, wat is die dinge wat vir jou uitstaan – van die toneelstuk tot nou?

Die kameraderie. Geon, De Klerk en Nico is waarlik soos my broers. Ons was deur die land met die toneelstuk en om saam klaar te maak is spesiaal. Ons wil kyk of ons die laaste episode saam kan kyk. Of ek sterk genoeg gaan wees, weet ek nie, want die verhoogstuk en reeks het so ’n groot impak op ons lewens gehad. Dis bittersoet. Maar dis ook tyd om te groet.

Waarmee is jy op die oomblik besig, en wat is jou planne vir 2025?

Ek skiet tans aan ’n nuwe reeks vir kykNET waarvan mense eers oor ’n paar maande sal uitvind, en dan begin ek 2025 met The Tempest by Maynardville en Hedda Gabler by die Baxter, beide in Kaapstad.

Het jy ’n boodskap vir Nêrens, Noord-Kaap se kykers?

Net ’n Ronnie-fluit. Met sy wysvinger en pinkie regop. En ’n stoute kyk in sy oë.

Nêrens, Noord-Kaap Deel II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op Catch Up op DStv Stream beskikbaar.

Lees ook: Ons gesels met Geon Nel oor NNK: “Waar daar donkerte is, is daar lig”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Greteli de Swardt ‘Jubel’ oor tweede kind se koms

Deur Karlien Meiring. Foto's: Greteli de Swardt/Instagram     Die aktrise Greteli de Swardt (23),…

4 hours Gelede

Hoe om jou haarborsel behoorlik skoon te maak (en hoekom jy moet!)

Deur Karlien Meiring.    Meer as 100 000 follikels bestaan op die kopvel, saam met…

4 hours Gelede

5 dinge wat almal moet weet voordat hulle ’n nuwe kar koop

Koop met jou kop eerder as met jou hart as jy wil geld spaar op…

10 hours Gelede

5 vinnige varkvleisresepte vir aandete

Ons het vyf heerlike en maklike varkvleisresepte bymekaargemaak wat jy vinnig vir aandete kan maak!…

1 day Gelede

Golden Globes 2025: Ons 8 gunsteling uitrustings

1. Demi Moore in Armani Privè [gallery columns="2" size="medium" ids="150043,150044"]     2. Zoe Kravits…

1 day Gelede

‘Suidooster’: Dié vyf storiekinkels skop vanjaar af!

  Hierdie vyf storielyne gaan kykers in Januarie op hul tone hou:    Bridgette se…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.