kategorieë: Ons menseBekendes

Alan Paton met ’n google doodle herdenk

Die soekenjin google herdenk vandag die lewe van die Suid-Afrikaanse skrywer, Alan Paton, met ’n illustrasie (ook bekend as ’n google doodle) op hul tuisblad. Paton sou vandag 115 jaar oud word, en volgens google se doodle-blad is Paton gekies om herdenk te word omdat hy ’n “dromer” was “wat veel vermag het om te veg vir die basiese menseregte van liefde, nie-gewelddadigheid en gelykwaardighed.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Alan Paton is op 11 Januarie 1903 in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal gebore. Hy het ’n graad in wetenskap en daarna in onderwys opgedoen en hy het skoolgegee. Paton het later gewerk as die hoof van ’n gevangenis vir jong swart mans waar hy verskeie veranderings aangebring het om die lewenskwaliteit van die gevangenes te verbeter. Hy was van jongs af gekant teen swaar strafopleggings en onregverdigheid. In die 1940’s, na die Tweede Wêreldoorlog, het hy deur Europa en die VSA gereis om te sien hoe ander korreksionele fasiliteite bestuur word. Dit is tydens hierdie reise dat hy met die idee en manuskrip van sy roman Cry, the Beloved Country opgekom het. Dit is in 1948 uitgegee; dieselfde jaar waarin die Apartheidswette amptelik ingestel is waarteen hy sy lewe lank probeer veg het. Paton het daarna baie boeke en verhale geskryf wat meestal gehandel het oor Suid-Afrika tydens die Apartheidsjare en ras-diskriminasie en watter effek dit op die land se inwoners het. Paton het ook die Apartheid-regering en hul besluite teengestaan en het geveg vir gelykheid en vryheid vir alle Suid-Afrikaners. Hy het die Liberale Party – as opposisie vir die Nasionale Party – gestig, maar dit moes later tot niet gemaak word omdat hierdie party wit en swart lede ingesluit het. Hy het nietemin aangehou met ander politiese werk en om maatskaplike kwessies uit te lig in sy skryfwerk. Paton is in 1988 aan kanker oorlede en kon dus nooit sy droom vir ’n samelewing sonder Apartheid sien waar word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die google doodle beeld die oomblik uit waar Paton op ’n trein gesit het en waar hy glo die idee vir sy eerste roman gekry het. Google het ’n hele span kunstenaars en skrywers wat die doodles behartig en wat wêreldwyd of in spesifieke streke gesien kan word. Hierdie tradisie het in 1998 begin toe die oorspronklike skeppers van Google ’n stokmannetjie bygeteken het aan die amptelike google-logo om te wys dat hulle uit die kantoor uit sal wees om die Burning Man-fees by te woon. Daarna het hulle begin eksperimenteer met ander illustrasies en hulle het gevind dat hierdie doodles baie gewild is. Daar is op hede al meer as 2000 doodles gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.