Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Die plaas dateer uit 1682 en word gereken as een van die oudste wynplase in Stellenbosch. Die plaas het verlede jaar 340 se erfenis gevier en Van Loveren is ook sedert 2022 ‘n trotse aandeelhouer van Blaauwklippen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Nie alleen is die plaas die tuiste van ’n kelder, proelokaal, herehuis wat uit 1789 dateer nie, deli, fietsroete en weeklikse naweekmark nie, maar ook dié plek waar die Kamers/Makers jaarliks gehou word nie, daar is ook ’n pragtige glaskatedraal vir funksies soos troues en herdenkings. Daar is elke naweek pretdraf en -trap, luukse akkommodasie in die Jonkershuis en Herehuis en uitsigte oor die Hottentots-Holland- en Simonsberge wat jou aan ou Meesters se olieverfwerk herinner.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Narina vertel: “Blaauwklippen is steeds ’n wynplaas, alhoewel dit ’n sterk leefstyl aanbieding het.”
Om op die plaas te gaan kuier – so teen die laaste stuiptrekkings van die oes – is ’n insiggewende gedoente. Verlede jaar is 175 ton druiwe geoes en vanjaar meer as dubbel soveel, 460 ton.
Narina neem ons eers deur die kelder, waar wyn gis, verouder en oorgepomp word. Elke kwartaal van die jaar het sy eie roetine en uitdagings. Terwyl ons deur die kelder stap, vertel sy dat dit die eerste maal in 30 jaar is wat Chardonnay op die plaas gemaak word. Sy koop die beste Stellenbosch Chardonnay druiwe in en verouder die wyn dan vir 11 maande in hout.
Sy vertel: “Malbec-druiwe is so vol sap en raak maklik pap; die bye draai daarom en ek verstaan hoekom die bye so mal oor Malbec is. Toe sy sien ek lig my kamera, “Malbec maak nie mooi foto’s nie – hy maak wel baie mooi wyn!”
Die plaas het nie verniet verlede jaar dubbelgoud vir sy Malbec – die eerste keer in 20 jaar – by die Veritas-toekennings ontvang. Narina se trots is duidelik as sy byvoeg dat mense al begin om vir Blaauwklippen Malbec te vra. “Cabernet Sauvignon was nog altyd die ster van die show – nie net vir die groter Stellenbosch nie, maar ook hier op Blaauwklippen – maar Malbec is besig om dit verby te steek. Ons Malbec is ’n baanbekers wat verskeie pryse gewen het wat mens nêrens anders kry nie.”
Sy eksperimenteer met nuwe hout en ook ouer vate vir veroudering van hul Malbec, om verskillende geurprofiele te kry.
Haar reis tot op Blaauwklippen het haar onder meer oeste by Glen Carlou Vineyards, Dornier Wines, AA Badenhorst Family Wines en Stellenzicht Wine Estate laat voltooi. Sy was vir ses jaar wynmaker by Quoin Rock Winery en dien op verskeie wynproepanele en -kompetisies.
Maar haar oë blink as sy oor haar lewe op Blaauwklippen praat. Die plaas het verskeie wynreekse, waarvan die premium-reeks onder meer die Bordeaux-versnit, De Blaauwe Klip 2017 (die plaas se eerste naam), Cabernet Sauvignon 2020, Malbec 2021 en Cabernet Franc 2019, insluit. Daar is ook ’n lekker verskeidenheid skroefdop-wyn en Narina sê dis om te verseker daar is iets vir elke smaak en sak!
Blaauwklippen is al jare bekend vir sy voorslag Zinfandel, ’n kultivar wat nie baie algemeen in Suid-Afrika geplant word nie, maar hier maak Narina vonkelwyn en Rosé daarvan. Die vonkelwyn is die land se enigste van Zinfandel. Dit verouder vir 28 maande op die gismoer.
Sy vertel: “Rosé word al gewilder en al meer mense vra vir Rosé by plase wat dalk nie gehoute witwyne het nie. Dis oor die algemeen ’n voller wyn.”
Hul Rosé van Malbec en Zinfandel is ’n lekker Provensaalse-styl Rosé en heerlik veelsydig. Dit staan sy man selfs ryker disse vir die winter en somer, vertel sy.
Die proelokaal is waar ons vashaak vir ’n kuier. Eers die dag se gejaag afspoel met yskoue Brut 2020 Cap Classique. Sy verlekker haar in die uitdrukkings op ons gesigte toe die roosblaar en nektariengeure deurslaan en in lemoenbloeisel, aarbeie en suurlemoen draai.
Die plaas het enkelkultivar Zinfandel 2019, maar sy het nie van 2020-2023 gemaak nie, want vertel sy met ’n knipoog, dis nie alleen ’n niche mark nie, sy het haar Zinfandel-druiwe nodig vir Cap Classique en Rosé!
Narina doen daarna ’n wynproe met ons van haar gunstelinge (bykans al die wyne!) en vertel Blaauwklippen is 115 hektaar groot, waarvan 40 onder wingerd.
Ons is gelukkig om na ons lekker lang proe, van die laaste gaste te wees, wat by die restaurant kuier, want dit ondergaan ’n groot opknapping en ek kan nie wag om te sien hoe dit daar gaan uitsien nie.
Ná ete, kan jy lekker aan die 10 jaar oue potketel brandewyn of Before & After aperitif teug. As vonkelwyn nie jou kuif deurmekaarwaai nie, probeer die plaas se gins.
• Blaauwklippen se nuwe restaurant, De Blaauwe Kitchen, open op 1 Augustus. Die proelokaal, The Tasting House & IS Art Gallery het op 1 Julie geopen en is daagliks van 10:00 tot 18:00 oop. Hier kan jy verskeie wyn-en-kos pasmaat proeë, kaas-en-vleisborde, pizzas of kleinbordjie-geregte geniet.
Lees ook: WEN een van twee kaste van De Krans se portstylwyne!
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.