kategorieë: Ontspanning

Aktrise verwyder haar naam van bekende handsak

Hierdie versoek is gerig nádat Birkin bewus geword het van die wrede manier waarop hierdie befaamde handsak gemaak word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die verkoopprys van ’n gewone Birkin-handsak beloop sowat $10,000, waar ’n krokodilvel-weergawe jou ongeveer $300,000 uit die sak sal jaag. Hoewel bekendes gek is na hierdie duursame bykomstigheid, het dit tog groot opslae onder diereregte-aktiviste gemaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die diereregte-groep, Peta, het onlangs die omstandighede waaronder krokodille in Zimbabwiese- en Texan-krokodilplase aangehou word, onthul. Hulle het ook die wrede manier waarop hierdie krokodille doodgemaak word tot die lig gebring.
Volgens Peta word twee tot drie krokodille benodig om een Birkin-handsak te vervaardig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Na aanleiding van hierdie bevindinge het Birkin ’n verklaring vrygestel waarin sy haarself van die handsak onttrek.

“Nádat ek van die wrede praktyke waarin krokodille vir die doel van my handsakke doodgemaak word, in kennis gestel is, het ek vir Hermès gevra om die vervaardiging van die Birkin Croco te staak tot praktyke wat in ooreenstemming met internasionale norme is in plek gestel word,” het Birkin gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.