Die bekroonde aktrise en kinderboekskrywer, Crystal-Donna Roberts, is Donderdagoggend op 41-jarige ouderdom oorlede ná ‘n moedige stryd teen kanker. Haar man, Schalk Cornelessen, het die hartseer nuus op sosiale media gedeel.
Volgens Netwerk24 is Roberts rustig in haar slaap oorlede. “My hart is gebreek, maar sy was rustig toe sy gaan. Ek weet haar pyn is verby. Sy is by God, vry van pyn,” het Cornelessen aan die publikasie gesê.
Roberts was veral bekend vir haar rolle in films en TV-reekse soos Krotoa, Fynskrif en Arendsvlei. Haar vertolking in Krotoa het haar nasionale en internasionale erkenning besorg, en sy het ook ‘n SAFTA-toekenning vir haar toneelspel ontvang.
Sy en Cornelessen is in 2015 getroud. In 2019 het Roberts op die geselsprogram Tussen Ons onthul dat sy met borskanker gediagnoseer is en behandeling moes ondergaan.

Crystal-Donna en haar man, Schalk op hul troudag. (Foto: Facebook/ Schalk Cornelessen)
Roberts se nalatenskap as aktrise en storieverteller sal voortleef in die harte van haar aanhangers, kollegas en geliefdes.
Lees ook: Gordelroos: Wat jy moet weet