kategorieë: Ons menseBekendes

Agter die skerms met Tinarie Van Wyk Loots & Erik Holm

Die akteurspaar Tinarie Van Wyk Loots en Erik Holm het onlangs op die mees romantiese manier verloof geraak. Hier is ’n kort uittreksel uit ons EKSKLUSIEWE onderhoud met hulle in die Januarie 2017-uitgawe van rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Liefdespondokkie op ’n berg

Hulle het nog nie ’n idee wanneer hulle gaan trou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Seker iewers nader aan die einde van aanstaande jaar, maar die belangrikste is dat ons weet ons toekomspad loop nou amptelik saam.”

Was die verlowing vir haar onverwags?
“Ek dink my liefste Erik dink dit was, maar ek ken hom só goed,” giggel sy. Sy het vermoed hy voer iets in die mou. “Dit het my minstens kans gegee om my mooi rokkie aan te trek!” (Tinarie het verloof geraak in een van die rokke wat sy vir rooi rose se voorbladfotosessie aangehad het.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Erik het vir haar ’n vlug bespreek om vir hom op sy ouers se plaas naby die Hartbeespoortdam te kom kuier. Die vliegtuig het skaars grond gevat toe hy per SMS laat weet sy pa sal haar kom haal. Op pad huis toe het dié gesê hy wil gou vir Tinarie die nuwe paadjie gaan wys wat hulle teen die berg uit gemaak het. “Toe ons bo kom, staan daar ’n houthuisie met ’n uitsig oor die hele wêreld. Die deur was met ’n groot slot gesluit en toe kondig die oom aan dis nou waar hy my verlaat en gee vir my ’n sleutel vir die slot.

“En daar staan ek en drink die mooi uitsig in. Voor die huisie was ’n opgestopte speelgoedhond, speelgoedvarkies, ’n kampie en ’n straatnaambord wat sê dis die hoek van Van Riebeeck- en Voortrekkerstraat, die straathoek waar ons die eerste keer ons liefde aan mekaar erken het.”

Toe hoor sy ’n diep stem uit die huisie na haar roep. “Ek het die slot met bewende hande oopgesluit, en daar sit my stralende lief binne-in die mooiste liefdespondokkie met ’n fluweelboksie in sy hande, en vra my om met hom te trou! Dit was die mooiste, spesiaalste oomblik.”

En haar reaksie? “Ek het dadelik begin giggel en lag! En natuurlik dadelik ‘ja’ gesê!”

Erik het op sy eie oor die ontwerp van die ring besluit en sy neef het dit gemaak.

Kyk hier na die agter die skerms-video tydens ons voorbladfotosessie met Tinarie en Erik:

Ons verklap ook ’n paar foto’s wat nie in die tydskrif gebruik is nie:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.