Hooffoto: Leana Clunies-Ross
Op ’n yskoue winteroggend in Mei het Nadia Valvekens by die ateljee in Johannesburg opgedaag. Sy het die dag vantevore haar hare bruin gekleur om amptelik haar karakter (Pippa Venter) in die kykNET-sepie, Binnelanders, te groet en hierdie fotosessie was dus die heel eerste keer wat sy as donkerkop afgeneem is. Die koue het die borrelende Nadia beslis nie onder gekry nie – loer net na die agter-die-skerms-foto’s!
Kyk na die video
Produksiespan
Fotograaf: Leana Clunies-Ross
Stilis: Kim Berell van The Fashion Office
Hare en grimering: Adelle Jung en Krassi Toma
Naels: Sorbet
Produksiehoof: Hannelie Diedericks
Produksie-assistent: Melissa-Jade Myburgh
Lees Ilse Salzwedel se onderhoud met Nadia op bl. 12 van die September 2018 rooi rose.