Leah is onlangs aangewys as die nuwe aanbieder van kykNET se gewilde werklikheidsreeks, Boer Soek ’n Vrou. Sy sal dié nuwe werk van harte doen. En steeds dans en sing en toneelspeel. Dis hoe sy aanmekaargesit is. Jacqueline Leuvennink gesels op bl. 12 van ons Maart 2018-uitgawe met die borrelende vrou.
Oor haar eerste geleentheid om as aanbieder op te tree, reageer sy met ’n oorstelpte ‘Goeie genade, ek is omtrent opgewonde, en het lekker getjank toe ek die nuus hoor!’
Kyk hier na ons agter-die-skerms video met Leah
Jou Maart 2018-uitgawe met Leah op die voorblad is van 12 Februarie op die rakke.