kategorieë: Ons menseBekendes

Agter-die-skerms met Henrietta Gryffenberg

Hoe voel dit om deel van dié ikoniese storie te wees?

Dit was ’n heerlike ervaring. Dit het my aan die vroeë TV-dae herinner toe Analisa Weiland Heidi was. Ek was gek oor haar, Peter en Oupa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy is nie ’n karakter in die film nie, maar het eerder agter-die-skerms die oorklankingsregie behartig. Vertel ons meer hiervan.

Dit was ’n heerlike uitdaging ná soveel jare van sinchronisasie. Hoewel ek al dikwels regie gedoen het was dit my eerste keer as oorklankingsregiseur en hoewel ek aanvanklik goed op my nerwe was, was Times Media films, en in besonder Corlize, ongelooflik ondersteunend . Ek het werklik gevoel dat hulle my 100% vertrou om die taak te verrig. Dit was ’n riem onder die hart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor hoe die verfilmingsproses verloop het.

Die oorklanking behels om in ’n donker ateljee saam met die akteur te sit. Die akteur self kry ’n uur of wat om die karakter vas te vang – hulle kyk die fliek soos wat hulle oorklank en moet dus op die regisseur se leiding vertrou om die karakter vas te kan vat. Dan is daar die uitdaging van die sinchroniseer van die lippe en om lyf te gee aan die stem. Dit is ’n heerlike vyfvinger oefening vir elke akteur wat sy sout werd is. En werd was hulle by uitstek! Al was dit baie van die akteurs se eerste keer agter die mikrofoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vertel ons meer oor jou mening rakende die afwisselende toneelspel tussen die jonger akteurs soos Ruan Wessels en Charlenè Brouwer teenoor hul ouer, meer gesoute eweknieë soos Sandra Prinsloo en Louis van Niekerk.

Die hele aanslag verskil. Ouer akteurs soos Louis en Sandra het al baie oorgeklank en is veterane op die gebied. Ook die styl van spel verskil. Ouer akteurs is nie bang om die stemme te animeer nie, terwyl jonger akteurs deesdae vreeslik ingestel is op naturalisme. Baie werk ook nou van hulself af – sommige jonger akteurs is ’n ‘brand’ en het nie die jare se ondervinding wat saam met verhoogwerk en opleiding kom nie.

Die grootste uitdaging was vir Jenna. Sy moes baie jonger speel en hoewel sy nog nooit vantevore oorgeklank het nie, was sy soos ’n vis in water.  Sy het die ateljee ingestap met ’n deernis vir die karakter en in ’n japtrap het sy haar stem verjong. Sy is ’n baie talentvolle aktrise inderdaad. Charlenè se ligte stem het ook sommer maklik oorgeskakel na die jonger Klara; en Ruan moes hard werk aan die rondborstige en parmantige Peter.  Dan was daar Riana Wilkens en Richard wat albei GESOUTE oorklank stem en regisseuse was. Ek kon net terugsit en sê: “Maak oop Sesame!”.

Hoe, dink jy, sal Suid-Afrika dié weergawe van Heidi geniet?

Ek dink dit gaan ’n treffer wees. Desondanks die feit dat mens die klassieke storie ken, bly dit aangrypend om die karakter se verhaal mee te maak. En om dit in die Alpe te sien afspeel met “regte mense” eerder as geanimeerde tekenprent-karakters voer mens soveel meer mee.

*Heidi word op 2 September landswyd in teaters vrygestel.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

39 minutes Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.