Twee jaar gelede sou Hanna Grobler haar eerste voorbladartikel as nuwe ma met rooi rose gedoen het. Toe gebeur die ondenkbare: haar babaseuntjie word in die agtste maand van haar swangerskap dood gebore. Professioneel soos sy is, het Hanna steeds op ons voorblad verskyn, al was haar hart stukkend.
Lees ook: Hanna Grobler & Donnalee Roberts oor liefdadigheid
Die Hanna wat vandag oorkant my sit, straal van geluk en lewensvreugde. Sy kan nie uitgepraat raak oor haar baba nie …
‘’n Baba is ’n wonderwerk, die grootste geskenk wat ’n mens van God kan kry. Niks op aarde maak méér saak as dit nie.’
Lees ons volledige onderhoude met Hanna op bl. 18 van die November 2017-uitgawe van rooi rose.