kategorieë: TrendsMode

Agter die skerms met Danielle Margaux

Wie is Danielle Margaux?

Danielle Margaux het haar loopbaan as ontwerper begin deur aanvanklik as ’n opsteller van patrone by die bekende Suid-Afrikaanse modehuis Kluk / CGDT te werk. Sy het later die kreatiewe ontwerp-assistent en produksiebestuurder geword. Sy het ook saam met talle ander bekende Suid- Afrikaanse ontwerpers soos Paul Van Zyl, Errol Arendz en Gabi Rosenwerth gewerk. Danielle het in 2009 haar eie modehuis, Danielle Margaux, begin. Modeliefhebbers het vining verlief geraak op haar ontwerpe met ’n klassieke, dog moderne kinkel.
Toe ek by haar studio instap, was dit propvol kledingstukke en ander voorbereidings vir MBFWCT, maar Danielle is kalm en selfversekerd. Dit is immers haar vyfde vertoning by MBFWCT. Deel van haar voorbereiding is dat sy reeds ’n ruk voordat die modeweek afskop in haar eie wêreld begin leef. Sy lees nie die koerant nie, kyk nie televisie nie, besoek nie sosiale media nie … sy fokus net op haar ontwerpe en om te rus wanneer sy kan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Voordat die modeweek afskop, is daar vanselfsprekend heelwat mediafunksies wat die ontwerpers moet bywoon. Sy het onderhoude vir televisie, radio, sosiale media of vir ‘bloggers’. Danielle verduidlik dat haar kop deurentyd by haar ontwerpe is, al is sy tussen mense en besig met onderhoude en om te netwerk. Sy dink die heeltyd aan klein afwerkings en finale verstellings wat aan haar ontwerpe gedoen moet word. En só is dit ook heel jaar lank, volgens haar. “Fashion Week is altyd in jou agterkop, so jy is gedurig op soek na inspirasie, nuwe idees en na ’n deeltjie van jouself wat jy wil vertoon. Maar dit is eers so twee tot drie maande voor die tyd wanneer die bal aan die rol begin gaan. Patrone word dan ontwerp, materiale aangeskaf en die kleure van die reeks word finaal gekies.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die modelle pas ongeveer vier dae voor die tyd die ontwerpe tydens ’n kleedrepetisie aan, so daar is nie eindlik tyd of plek vir ’n ramp nie! Die dag voor die vertoning is daar een laaste kleedrepetisie. Daarna is dit die ‘groot wag’, soos Danielle dit beskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat ’n mens ook nie besef nie is dat die ontwerper nooit hul eie vertoning sien nie, omdat hulle die heeltyd agter die skerms is. “Jy kan nie mense se reaksies sien terwyl die modelle by die looplank afstap nie. Jy kan ook nooit die prentjie as ’n geheel sien nie, met die beligting en musiek en alles te same. Almal comment op iets wat jy nie gesien het nie. Dit is ‘n baie vreemde experience,” verduidelik Danielle. “Jou reeks is ’n baie persoonlike ervaring, en dit is eintlik maar jou opinie oor wat mense in daardie spesifieke seisoen gaan dra. Ek voel baie blootgestel na ’n show.”

Danielle is baie opgewonde oor haar reeks vir vanjaar. Sy het die meeste van haar inspirasie uit die kleure en teksture van die protea-blomfamilie gekry en haar reeks beloof ook om meer helder kleure en lewendige aksente te hê as gewoontlik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Kykie in Danielle Margaux se lewe beklemtoon net weer die harde werk en voorbereiding wat agter die Mercedes-Benz-modeweek sit.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.