Agter die skerms met Antoinette Louw deur Corné Greeff, Suzanne Kotzé en Catherine Schenck. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic
Op ’n bibberkoue dag het ons wonderlike span saam met Antoinette Louw ons pragtige, somerse November 2019-uitgawe se voorblad geskep!
Loer hier na ons agter-die-skerms video:
“Dis altyd vir my ongelooflik hoe die span rooi rose-vroue saamstaan om iets te laat werk. En elkeen het tot die uiterste gegaan om my gemaklik en goed te laat voel. En dit het my hart warm laat klop op ’n baie koue dag.” – Antoinette Louw
Die span
Kreatiewe direksie en produksie: Suzanne Kotzé
Produksie-assistent en agter-die-skerms-foto’s en -video: Corné Greeff
Fotograaf: Kristina Stojiljkovic
Stilis: Justine Kroes
Hare en grimering: Cheryl Parker van Supernova Creative Management
Haarstyl en kleur: Tosca Salon, Stellenbosch
Naels: Sorbet
Die foto’s is geneem by The Old Tannery in Wellington
Die meubels is van Grand Room Design, Wellington
Kom kuier saam agter die skerms met Antoinette Louw
Klik op ’n foto om die gallery oop te maak en deur die foto’s te blaai.
Antoinette verklap haar skoonheidsgeheime
Antoinette vertel hoe mens se gesondheid ook jou voorkoms beïnvloed. Sy het dit gesien en gevoel terwyl sy self siek was voor ons fotosessie en ook agtergekom watter groot verskil dit aan jou gemoed maak as jy weer beter lyk, “dan voel jy ook sommer weer beter.”
Baie dankie aan Tosca Salon, Stellenbosch vir Antoinette se pragtige hare en aan Sorbet vir die mooi manikuur!
Lees ons onderhoud met Antoinette op bl. 12 van ons November 2019-uitgawe.