Agter die skerms met Anna-Mart en Rolanda: Januarie 2020 deur Catherine Schenck. Video: Bea Lingenfelder. Foto’s: Kristina Stojiljkovic
Kom kuier saam agter die skerms by ons voorbladfotosessie op die strand vir ons Januarie 2020-uitgawe met die briljante aktrises Rolanda Marais en Anna-Mart van der Merwe.
Lees ook: 15 redes hoekom jy die Januarie 2020-uitgawe van rooi rose moet koop
Kom loer agter die skerms
Die span
Kreatiewe direksie en produksie: Suzanne Kotzé
Fotograaf: Kristina Stojiljkovic
Stilering: Justine Kroes
Hare: Cheryl Parker van Supernova
Grimering: Algria Ferreira
Assistent: Bea Lingenfelder
Dis nou interessant!
Die pragtige uitrusting op hierdie foto is spesiaal vir dié fotosessie gemaak en ontwerp deur die uiters talentvolle Elrico Bellingan. Die uitrustings wat Rolanda en Anna-Mart op die voorblad dra, is van Good Clothing.
En die mooi rooi lipkleur op die voorblad? Ons het Chanel se ‘Holiday Collection’ Exclusive Creation Rouge Allure (Rouge Spectaculaire) in True Red gebruik.
Lees meer oor Anna-Mart en Rolanda in ons Januarie 2020-uitgawe
Dié twee aktrises het altyd nóg ’n storie om te vertel. Verlede jaar was hulle skoonsusters in Koningin Lear en nou speel hulle twee susters in die rolprent Poppie Nongena. Ons gesels met die twee ‘skone susters’ daaroor op bl. 12.
Onthou ook om vir ons Lesersforum in te skryf en jy kan die lekkerste geskenk WEN!