Agter die skerms met Amalia Uys. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic. Foto’s geneem by die Norval-stigting in Kaapstad.
Kom kuier saam agter die skerms met Amalia!
Agter-die-skerms-foto’s deur Corné Greeff
“Wow! Ek het nie mooi genoeg woorde nie. Dis sooooo cool! Baie dankie vir een van die lekkerste shoots en onderhoude tot nog toe. Dit was ’n belewenis om by die Norval-stigting te shoot – die energie in die kunswerke en argitektuur het met osmose deel van ons almal geword en ek dink ons het daardie dag iets beautiful geskep.”
Ons span
Produksie: Suzanne Kotzé
Produksie-assistent en video: Corné Greeff
Fotograaf: Kristina Stojiljkovic
Stilering: Justine Kroes
Hare en grimering: Cheryl Parker van Supernova
Naels: Sorbet
Foto’s is geneem by die Norval-stigting in Kaapstad.
“Dit was ook heerlik om saam met fotograaf Kristina Stojiljkovic te werk. ’n Vroue-fotograaf skep net ’n ander soort energie. Dis altyd ’n fees om saam met julle te werk, en dankie dat julle al jare lank ’n pad saam met my stap. Ek kan nie wag om die tydskrif te koop nie. Dis vir seker een vir die versameling. Baie liefde, Amalia.”
Ons Junie-uitgawe met Amalia op die voorblad is nou beskikbaar op winkelrakke.
Lees ook: Amalia Uys, blinkoog oor die liefde