kategorieë: TrendsMode

Agter die skerms: Dramaties swart

Die dae van vervelige swart klere is verby. Hierdie winter kom swart voor in vorms van blink, glad, wollerig en leer. Van sagvloeiende materiale soos satyn tot bonkige truie – daar is iets vir elke voorkeur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die klassieke leerbaadjie bly steeds ’n wenner en gee enige uitrusting ’n moderne voorkoms. Waag dit om die baadjie saam met items soos ’n lang romp of wyepyp-broek te dra in plaas van saam met die kenmerkende denim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Rolnekke en vlootbaadjies is die beste kombinasie vir ’n deftige voorkoms; dra dit saam met hakskoene vir ’n formeler voorkoms of wees gemaklik in stewels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Fluweel is ook een van vanjaar se gunstelingmateriale en ons kon nie anders as om versot te raak op ’n stylvolle fluweelpakkie nie. Hierdie uitrusting is geskik vir werk, ’n koffie-afspraak of deftige aandgeleentheid, mits jy dit reg stileer met bykomstighede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Agter die skerms: rooi rose, Augustus 2017

Fotograaf: Gavin Kleinschmidt
Hare en grimering: Cheryl Parker
Model: Selina Carvalho van Fusion Model Management

Swart klere: Wenke vir ’n langer lewe

Een van die belangrikste wenke wat jy in gedagte moet hou, is dat jy jou skakerings van swart in al jou items eenvoudig moet probeer hou. Glo dit of nie, maar daar ís verskillende skakerings van swart en jou klere kan met die tyd ook verblyk. Wol en leer is staatmakers wat nie gou sal verblyk nie, maar materiale soos denim en katoen is geneig om te verdof na ’n paar wasse. Daar is egter ’n paar wenke om jou swart items weer nuut te laat lyk:

  • Was dit minder as jou ander klere
  • Was dit in koue water (verkieslik 0°C)
  • Keer jou klere om (binne na buite) wanneer jy dit was
  • Hou jou wasbondel by swart, moenie dit saam met ander kleure meng nie
  • Laat jou klere op die wasgoeddraad droog word in plaas van die droër
  • Gebruik ’n gespesialiseerde wasmiddel wat spesifiek vir swart klere geskik is

Alternatiewe wenke vir ’n swarter swart:

Asyn, sout, peper, koffie of baksoda kan help om die skakering van jou swart te behou en selfs effe verbleikte kleure te vernuwe.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

4 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

4 hours Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

23 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

23 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

1 day Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.