kategorieë: TrendsMode

Agter die skerms by ons pragtige pienk modefotosessie PLUS wenke hoe jy pienk kan dra

Agter die skerms by ons pragtige pienk modefotosessie PLUS wenke hoe jy pienk kan dra deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee Hooffoto: Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Pienk met kontras

Dra pienk saam met ligte kleure soos kameel, wit of ’n ligblou denim vir ’n sagter, elegante voorkoms. Hierdie neutrale kleure balanseer ’n uitrusting en gee jou daardie gevoel wat jy op Pinterest-borde sal sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Aan die ander kant is pienk saam met swart meer dramaties en kunstig, wat perfek is vir vanjaar, want  2019 is allesbehalwe eenvoudig. ’n Warm pienk, soos fuchsia is hierdie seisoen se gunsteling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: 5 maklike maniere hoe jy pienk in jou huis kan gebruik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Van kop tot toon

Pienk is prettig, en jy moet ook wees – monochroom uitrustings is hier vir nog ’n jaar, maar jy hoef nie net een skakering van pienk te kies nie, speel rond met verskeie kleure en rond met statige juwele af. Serpe is ook ’n winter-staatmaker. As jou uitrusting uit een kleur pienk bestaan, kies ’n serp met patrone of tekstuur.

3. Net ’n tikkie

As jy nie ’n groot aanhanger van pienk is nie, beteken dit nie jy móét plek in jou kas maak daarvoor nie. Begin klein – wissel jou gordel af met ’n pienk een en dra dit saam met die klere wat jy reeds het.

Maar wees gewaarsku, hierdie kleur is soos ’n smeulende Don Juan, voor jy weet is jy heeltemal gaande en jou kas is propvol pienk!

Kyk hier na ons agter-die-skerm-foto’s van ons fotosessie vir die Junie 2019-uitgawe:

Fotograaf: Niquita Bento van Supernova

Hare en grimering: Cheryl Parker van Supernove

Model: Emma B van 20 Model Management

Baie dankie aan Alwyn Burger van Blomboy vir die pragtige blommekrans. Vir meer inligting oor sy dienste en rangskikkings, besoek blomboy.com

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

7 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.