Agter die skerms by ons pragtige pienk modefotosessie PLUS wenke hoe jy pienk kan dra deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee Hooffoto: Bea Lingenfelder
1. Pienk met kontras
Dra pienk saam met ligte kleure soos kameel, wit of ’n ligblou denim vir ’n sagter, elegante voorkoms. Hierdie neutrale kleure balanseer ’n uitrusting en gee jou daardie gevoel wat jy op Pinterest-borde sal sien.
Aan die ander kant is pienk saam met swart meer dramaties en kunstig, wat perfek is vir vanjaar, want 2019 is allesbehalwe eenvoudig. ’n Warm pienk, soos fuchsia is hierdie seisoen se gunsteling.
Lees ook: 5 maklike maniere hoe jy pienk in jou huis kan gebruik
2. Van kop tot toon
Pienk is prettig, en jy moet ook wees – monochroom uitrustings is hier vir nog ’n jaar, maar jy hoef nie net een skakering van pienk te kies nie, speel rond met verskeie kleure en rond met statige juwele af. Serpe is ook ’n winter-staatmaker. As jou uitrusting uit een kleur pienk bestaan, kies ’n serp met patrone of tekstuur.
3. Net ’n tikkie
As jy nie ’n groot aanhanger van pienk is nie, beteken dit nie jy móét plek in jou kas maak daarvoor nie. Begin klein – wissel jou gordel af met ’n pienk een en dra dit saam met die klere wat jy reeds het.
Maar wees gewaarsku, hierdie kleur is soos ’n smeulende Don Juan, voor jy weet is jy heeltemal gaande en jou kas is propvol pienk!
Kyk hier na ons agter-die-skerm-foto’s van ons fotosessie vir die Junie 2019-uitgawe:
Fotograaf: Niquita Bento van Supernova
Hare en grimering: Cheryl Parker van Supernove
Model: Emma B van 20 Model Management
Baie dankie aan Alwyn Burger van Blomboy vir die pragtige blommekrans. Vir meer inligting oor sy dienste en rangskikkings, besoek blomboy.com