kategorieë: Mode

Agter die skerms by Cheetah Outreach

Grimeerkunstenaar Karim Sattar is deel van hul kreatiewe span en is verantwoordelik vir nuwe dekoratiewe grimering-idees vir hul natuurlike en organiese produklyn. Hy is in aanvraag by al wat ‘n bekende is en het al die gesigte van onder meer Jane Fonda en Annie Lennox verfraai. Hy het op ‘n plaas buite die dorpie Wesel (Duitsland) grootgeword en dit is hierdie opvoeding wat ‘n respek vir moedernatuur binne hom gekweek het. Om hierdie rede, het hy besluit dat dit die perfekte beroepskeuse sou wees vir sy professionele en persoonlike groei. Karim is passievol oor welsynsprojekte en was baie opgewonde om in samewerking met Dr. Hauschka en rooi rose die dag met die jagluiperde te spandeer en meer oor hulle te leer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is voorwaar ongelooklike werk wat die organisasie doen. Verlies van habitat, afname in prooi, stroping en kompetisie met ander groter roofdiere is ‘n paar van die faktore wat die oorlewing van hierdie diere in gedrang bring. Cheetah Outreach se hoofdoel is om die oorlewing van die vryvoetige Suid-Afrikaanse cheetah te bevorder deur omgewingsopvoeding (om ons bewus te maak hoe belangrik dit is om biologiese biodiversiteit te bewaar en die roofdier se rol in ‘n gesonde ekostelsel) asook bewaringsinisiatiewe. Dit was n wonderlike ervaring om so naby aan ‘n jagluiperd te wees en hierdie pragtige dier in al sy glorie te aanskou. Dit was merkwaardig hoe die toegewyde bewaarders na elke behoefte van die beonderse dier omsien, veral toe ons span met n kamera na-aan die jagluiperd moes kom! Ons model, Jira, het ook verbasend kalm gebly na heelwat skote van haar wat die asemrowende dier aan ‘n leiband teen haar sy moes vashou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle leuse, ‘See it – Sense it – Save it’, dra die belangrike boodskap oor dat elkeen van ons n bydrae kan maak in die bewaringsinisiatief.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

2 mins Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

4 hours Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

22 hours Gelede

Ontmoet die akteurs van ‘Niggies’ se 1980’s-era

Episode 4 van Niggies begin in 1966 en wys, onder meer, hoe André (Janru Steenkamp)…

24 hours Gelede

La Maison Pommery keer terug na Suid-Afrika

Woorde: Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf     Die handelsmerk was vir etlike…

1 day Gelede

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.