kategorieë: Ons menseBekendes

Afrikaanse kletsrymer Angie Oeh dood ná longkankerdiagnose

Volgens berigte deur News24 is Greeff in die vroeë oggendure van Sondag 13 Augustus in die hospitaal opgeneem nadat ‘n pyn wat sy in haar sy ervaar het, ondraaglik geword het. Kort daarna is die rapper met fase-4 longkanker gediagnoseer en het ‘n noodoperasie en chemoterapie ondergaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

’n Verklaring wat op die ontslape kunstenaar se sosiale media-platforms vrygestel is, lui as volg:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Angie is op 13 Augustus in die Life Wilgers-hospitaal in Pretoria opgeneem waar sy op Saterdag 19 Augustus om 17:24 dood verklaar is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ná die tweede chemosessie op Vrydag, 18 Augustus, het sy begin sukkel met lae suurstofvlakke in haar bloed en is sy in die hospitaal se waakeenheid opgeneem. Alles moontlik is gedoen om haar te stabiliseer, maar ongelukkig het dinge net nie beter gegaan nie en haar organe het begin ingee.”

Luidens die verklaring was Greeff se geliefdes by haar ten tyde van haar heengaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe Greeff Maandag haar diagnose vir stadium 4 kanker ontvang het, het haar bestuurspan ‘n Back A Buddy-bladsy bekendgestel om te help met mediese kostes. Meer as R250 000 is in 48 uur ingesamel.

“Dankie aan almal wat die @backabuddy ondersteun het. Daar is nog ‘n klomp rekeninge om te betaal, maar die oorweldigende ondersteuning het Angie ook baie gehelp met haar gees tydens haar kankerstryd.”

Die verklaring bring voorts hulde aan Oeh en haar reis as ‘n plaaslike kunstenaar.

“Angie het in 2019 musiek begin skryf, vervaardig en vrygestel. Maar dit was eers in Desember 2021 toe sy haar eerste Afrikaanse liedjie, Dis jou wyfie, vrygestel het toe mense van haar bewus geword het. In Dis jou wyfie was haar klank vars en uniek, en sy is as die eerste Afrikaanse mompelkletsrymer  [rapper] gekroon.”

“Angie se musiek was nie net pragtig nie… dit was ook vir haar ‘n voertuig om bewustheid van kwessies te kweek en om dinge te probeer verander. Vir die eerste keer in ’n lang tyd was daar weer iets in Afrikaans wat mense en kultuur uitgedaag het om te groei.”

“As ‘n openlike gay vrou wou sy vroueregte bevorder en ook beklemtoon hoe die samelewing teen vroue, klas en ras diskrimineer. Sy was vreesloos in hierdie missie en het baie teenstand daarteen gehad, maar dit het haar nie gekeer nie.” het die verklaring afgesluit.

Nadat sy verlede week Maandag die diagnose vir stadium 4 kanker ontvang het, het Greeff op sosiale media geskryf:

Greeff het glo ‘n kankergewas met ‘n deursnee van 15 cm van haar rug in 2022 laat verwyder en het ‘n onkoloog in die volgende jaar besoek.

Ons gedagtes is by Greeff se geliefdes in hierdie moeilike tyd.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep RAAF

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

36 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

49 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.