kategorieë: In die nuusJou lewe

Afrika se beste nuwe restaurant

Wat is ’n Desembervakansie in die Kaap sonder vis en tjips in Houtbaai-hawe, ’n rustige rit om Chapmanspeak en ’n lui middag by Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic net voor die tolhek op dié natuurskone pad?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic is pas as Afrika se beste nuwe restaurant in die 2021 World Culinary Awards aangewys. Dit is vroeër vanjaar in die gesogte Condé Nast Traveller Readers Awards 2021 as een van die beste nuwe restaurante in die wêreld ingesluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die World Culinary Awards is die sustersgeleentheid van die World Travel Awards en streef daarna om uitnemendheid in die kulinêre bedryf te vier en te beloon en het ten doel om groei, innovasie en beste praktyk op ’n globale skaal te bevorder. Die program erken die volle spektrum van die globale kulinêre sektor met kategorieë wat wissel van beste kulinêre bestemming en beste hotelrestaurant, tot beste dakrestaurant en beste landmerkrestaurant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Min plekke in die wêreld bied ’n eetkamer so na aan die wilde Atlantiese Oseaan as Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Chefs Warehouse Tintswalo Atlantic is een van sjef Liam Tomlin se tapasrestaurante wat onder leiding van hoofsjef Braam Beyers, tot sy reg kom. Bestanddele is vars, plaaslik en volhoubaar en bring hulde aan die see op sy voorstoep. Die aanslag is ’n multisensoriese ervaring met dekor wat die fokus op die idilliese uitsig, vars seebries, berg, fynbos en die unieke kos- en wynervaring vestig.

Deur Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.