kategorieë: KalenderOntspanning

Adrienne Hersch Randburg Harriers Challenge

Die Adrienne Hersch Randburg Harriers Challenge saam met Discovery Vitality bied jou die geleentheid om die lentesonskyn te geniet as jy deelneem aan hul wedlope op 10 September 2017. Daar is drie roetes: 21.1 km (half-marathon), 10 km, en 5 km.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Doen jou eerste marathon

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die wedloop se langer roetes bied jou die geleentheid om jou bene op die proef te stel teen die alombekende Randburg-heuwels terwyl jy die landskap waarneem en ’n spesiale kameraadskap ervaar. Hierdie is ook die ideale geleentheid om die lentelug en ’n gesonde leefstyl in ’n veilige omgewing te vier – almal word daarom aangemoedig om deel te neem aan die 5 km-wedloop aangesien jy nie ’n lisensie hiervoor nodig het nie. Of jy ’n hardloper is of nie, kom saam; jy kan dit loop, bokspring, dans, of net geniet op die manier waarop jy wil. Die 5 km-pretlopie vind plaas op die Randburg Harriers se sportgronde en daarna kan jy jou vriende en familie vir ’n heerlike ontbyt ontmoet by die vele kosstalletjies wat op die dag beskikbaar sal wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

By die eindstreep is daar feestelikhede wat beloof om hierdie dag ’n pret uitstappie vir almal te maak – selfs vir dié wat nie hardloop nie. Dit sluit in ’n markie, ’n BBP-area behartig deur Hello Joburg, heerlike kos, ’n biertuin en regstreekse vermaak.

Die Adrienne Hersch Randburg Harriers Challenge is die derde uit vier resies in die Vitality-wedloopreeks wat Discovery Vitality-lede tussen 800 en 2000 punte bied om die wedlope klaar te maak. Pryse ter waarde van R50 000 is op die spel en elke ingeskrewe deelnemer sal ’n geskenkpakkie ontvang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die welsynsorganisasie wat sal baat by die fondse is Operation Hunger. Operation Hunger is ’n nie-winsgewende organisasie wat mik om deur ’n reeks volhoubare projekte armhoede en wanvoeding teë te werk en by te dra aan voedingskemas. Deelnemers kan ook kies om verdere bydrae te maak aan Operation Hunger tydens die inskrywingsproses.

Inskrywingskoste begin by R40 vir die 5 km-pretlopie en eindig by R120 vir die 21.1 km roete. Jy kan aanlyn inskryf by discovery.co.za/vitality/runseries. Vroeë en aanlyninskrywings kan opgelaai word by die Randburg Harriers Klubhuis op die volgende datums:

7 September:  16h00 – 19h00
8 September:  14h00 – 19h00
9 September:  07h00 – 17h00

Verdere inligting rakende die wedlope is soos volg:

Datum: Sondag 10 September 2017

Plek: Randburg Sportsentrum (hoek van Silver Pinelaan en Republiekweg)

Wegspringtye:

21.1 km om 07h00
10 km om 07h15
5 km om 07h30

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

56 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

24 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.