kategorieë: Bekendes

Adriano Zumbo, die man agter die V8-koek

Vertel ons meer van jou bekende V8-koek?
Die koek bestaan uit agt verskillende vanielje lae met 8 verskillende teksture. Ek het dit oorspronklik vir Margaret Fulton (een van Australië se beste en mees geliefde koskenners) se 85ste verjaarsdagviering gebak. Daarna het dit oor die land heen bekendheid verwerf en was dit ook die eerste druktoets-uitdaging tydens die finale week van MasterChef Australië se tweede seisoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Watter bestanddeel word onderskat?
Suurlemoensap en sitrus soda. Dis iets waaraan die meeste mense nie dink nie. Dit gee net ’n skop aan enige dis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is die jongste kosgier in die bakbedryf?
Ek dink nie daar is tans enige giere nie. Choux-deeg (’n ligte deeg wat gebruik word om éclairs, kluitjies en gnocchi te maak) is egter bekend, maar ek sal dit nie ’n gier noem nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die beste vakansieplek vir ’n kosliefhebber soos jy?
Definitief Tokio. Hulle het die beste Japanese en Europese gebak.

Wat is jou gunstelingnagereg?
Ek is eintlik ’n baie eenvoudige persoon. My gunstelingnagereg is vla met Milo of net gewone roomys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat bak jy by die huis?
Ek bak nie by die huis nie. Ek maak slegs soutgeregte. Ek hou veral daarvan om saam met my ma maklike, Italiaanse disse te maak.

Wat is jou grootste kosherinnering?
Dit is definitief vanuit my kinderdae. Alles wat my ma gekook het.

Watter bestanddele gebruik jy graag in die kombuis?
Sjokolade en botter. Ek hou veral daarvan om met donkersjokolade te werk, omdat dit soveel meer veelsydig as ander soorte sjokolade is.

Wie is jou gunstelingkoskenner?
Pierre Hermé. Hy is iemand na wie ek opkyk, hy is iemand wat my inspireer.

Wat is die geheim vir perfekte makrolletjie?
Om kennis te neem en te fokus. Jou eerste probeerslag gaan heel moontlik ’n flop wees. Probeer weer en vind uit hoekom dit die eerste keer nie gewerk het nie. Ek self het dit eers ná twee jaar se oefen bemeester. Ek was toe net 18-jaar oud en het selfs ’n Belgiese kursus daaroor bygewoon.

Wat is jou geheime wenk vir bak en brou?
Vat jou tyd. Jy moet eers dink. Geniet dit en gebruik bestanddele van ’n goeie gehalte.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

8 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

8 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

9 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

9 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

11 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.