ADHD verswak bestuursvernuf

“Navorsing spreek vanself. Mense wie se ADHD nie behandel word nie, het die risiko om meer ongelukke te veroorsaak. Bestuur vereis dat ’n mens meer as een taak gelyk moet doen en mense met ADHD kan daarmee sukkel. Dit skep nie net gevaar vir hulself nie, maar ook vir passasiers en ander padgebruikers,” sê sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

ADHD raak ongeveer 4-5% van alle volwassenes en dit het gewoonlik drie kernsimptome: onoplettendheid, hiperaktiwiteit en impulsiwiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Persoon met ADHD kan agter die stuur meer geneig wees tot swak konsentrasie, afleibaarheid, om te vroetel, vergeetagtigheid, ongeduld en emosionele uitbarstings.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Britse studie het bewys dat mense met onbehandelde ADHD agt keer meer geneig is om ’n opskorting van hul lisensies te kry. Hulle is drie keer meer geneig tot herhaalde oortredings en vier keer meer geneig om die skuldige in ’n ongeluk te wees. Hulle kan tot sewe keer meer geneig wees om ’n geskiedenis van verskeie ongelukke te hê.

Volgens Liebenberg skep onbehandelde ADHD ook ’n risiko vir padwoede.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Die persentasie van die bevolking wat meer as een spoedkaartjie in ’n tydperk van twaalf maande kry, is ongeveer 17%, maar by volwassenes met onbehandelde ADHD kan dit 25% wees.”

Weens impulsiwiteit kan hulle beheer oor hul humeur verloor, betrokke raak by konfrontasie of geïrriteerd raak in die verkeer.

“Ek het al pasiënte met onbehandelde ADHD gehad wat vensters uitgeslaan het of ’n ander bestuurder aangerand het,” sê Liebenberg. “Dit plaas hulself, passasiers en ander padgebruikers in ernstige gevaar.”

Met die regte behandeling kan die risiko’s verminder word – indien die medikasie korrek gedoseer is. Liebenberg is gekant teen behandeling wat teen die middag uitgewerk is wanneer die persoon huis toe bestuur en in die verkeer gefrustreerd en verward kan raak.

“’n Langwerkende, volgehoue behandeling werk die beste om die simptome van ADHD deur die dag te bestuur en om te verseker dat die persoon veilig huis toe ry,” sê Liebenberg.

Vir meer inligting oor ADHD, besoek MyADHD.co.za. As jy met ’n kenner oor ADHD wil praat, stuur ’n e-pos aan jayde@gullanandgullan.com.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

2 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

12 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.