kategorieë: Leef gesondGesondheid

ADHD: is dit dalk jy?

Dít is die werklikheid vir baie volwassenes met ongediagnoseerde aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom (ADHD).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Om met verwarring te sukkel

Diegene met ADHD is gefrustreerd oor hul gebrek aan fokus en, in die langtermyn, kan hulle nie hul doelwitte bereik nie, want hul lewens is nooit heeltemal in orde nie. As volwassenes met ADHD akkuraat gediagnoseer word – selfs later in hul lewens – kan dit die trajek van hul loopbane, verhoudings en lewensdoelwitte verander.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Rykie Liebenberg, psigiater, kry dikwels volwassenes wat onwetend met ADHD saamleef en sukkel weens die gevolge van die ongediagnoseerde en onbehandelde toestand.

“Dit is nie volwassenes se skuld dat hulle met ongediagnoseerde ADHD dikwels onderpresteerders in hul akademie of in hul werk is nie,” verduidelik Liebenberg. “Hulle beweeg impulsief van werk na werk en is meer geneig om afbetaal te word. Dit laat hulle dikwels in ’n laer ekonomiese sfeer sonder finansiële sekuriteit.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die werklikheid

Voeg daarby ’n aansienlik hoër risiko van disfunksionele verhoudings of egskeiding, en dit is maklik om te sien hoe die lewens van volwassenes met ongediagnoseerde ADHD buite beheer kan raak, sê Liebenberg.

Die individue voel dat hulle min beheer oor die verloop van hul lewens het. Liebenberg sê voorts dat ongediagnoseerde ADHD ook kan lei tot ’n hoër risiko vir verkeersoortredings en motorongelukke, wat ander aspekte van hul lewens raak.

Jou lewe verander

Liebenberg het ervaar dat die korrekte diagnose en medikasie die voorheen onbehandelde volwassenes se lewe positief kan omkeer.

Die effekte van medikasie kan hulle in staat stel om meer gedoen te kry tydens hul werksure. Dit maak hul werk minder stresvol. Dit stel hulle ook in staat om verpligtinge na te kom wat verhoudings laat werk.

“Die fundamentele verskil wat nuut gediagnoseerdes ervaar, is so groot dat hulle deur ’n soort routydperk gaan weens die verlies van geleenthede vroeër in hul lewens,” sê Liebenberg. “Pasiënte sê soms hulle wens hulle kon die horlosie terugdraai en vroeër gediagnoseer gewees het aangesien hulle die groot verskil voel. Baie is verheug oor die gevolge van die medikasie op hul lewens.”

Hoop vir die toekoms

Liebenberg beklemtoon die belangrikste ding vir volwassenes met ongediagnoseerde ADHD is om te weet dit is nooit te laat om gediagnoseer te word nie en dat medikasie hul lewens ten goede kan verander.

“ADHD is ’n ingrypende toestand by volwassenes. Hoe gouer die persoon akkuraat gediagnoseer en behandel word, hoe gouer kan hy die vrugte pluk en positiewe veranderinge ervaar in sy werk en verhoudings,” sê Liebenberg.”Met die regte behandeling kan die persoon sy volle potensiaal bereik.”

Lees ook: Is jou kind ADHD of begaafd?

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

8 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

1 day Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.