kategorieë: Bekendes

Adele maak hart oop oor postnatale depressie

Toe Adele (gebore 5 Mei 1988), die eerste keer haar trefferlied “Someone Like You” sing, het sy die musiekwêreld stil gehad. Die vrou met die stem van ’n nagtegaal het byna onmiddellik gewildheid verwerf en nie lank daarna nie is sy as een van die beste sangeresse van alle tye gekroon. Sy het tot dusver 10 Grammy-toekennings gewen plus ’n Oscar vir haar liedjie “Skyfall” (die titellied vir die James Bond-film met dieselfde naam).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In ’n onlangse voorblad-onderhoud met die oorsese tydskrif Vanity Fair, praat Adele oor roem en deel sy ook haar struikeling met postnatale depressie (ook bekend as baba-depressie). Sy het onder andere gesê sy was obsessief oor haar seun Angelo (4), en dat sy onvolwaardig gevoel het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek was obsessief oor my kind. Ek het baie onvolwaardig gevoel; dit het gevoel of ek die grootste fout van my lewe gemaak het.”

Adele en Simon Konecki, haar kêrel van die afgelope vyf jaar en die pa van haar seun, maak ook sy dogter uit ’n vorige huwelik saam groot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens die tydskrif het Simon haar aangemoedig om met ander vroue te gesels wat dieselfde gevoelens ervaar as sy, maar sy wou aanvanklik nie ingee nie. Sy het nie antidepressante gebruik nie en uiteindelik besluit om met ander vroue begin gesels.

“Vier van my vriendinne het net soos ek gevoel, en almal was te skaam om daaroor te praat.”

“Uiteindelik het ek net besluit ek gaan myself een middag ’n week af gee, om te doen net wat ek wil sonder my baba.”

Al het haar vriendinne nie noodwendig haar keuse ondersteun nie, het sy dit in elk geval gedoen. Sy glo dit maak van haar ’n beter ma as sy tyd vir haarself neem.

Hormone se effek op nageboorte-depressie

Niemand van ons is bestand teen nageboorte-depressie nie. Daar is geen waarborg dat jou woelende hormone jou nie sal vang nie. Dit is net so waarskynlik dat baba-depressie jou sal tref. Op die ou end is ons maar net nuwe mammas wat uitgelewer is aan gemoedskommelings wanneer ons hormone wipplank ry.

Dink net wat gebeur alles in die dae en weke na jou baba se geboorte: jy swaai van swanger vrou met ’n baie kenmerkende hormoonprofiel na nie-swanger vrou met ’n ander profiel na vrou wat borsvoed wat ook deur hormone beheer word.

’n Hele handvol hormone is aan die werk, soos:

  • Chorioniese gonadotropien
  • Relaksien
  • Estrogeen
  • Progesteroon
  • Oksitosien

Die laaste drie (estrogeen, progesteroon en oksitosien), het ’n sterk effek op emosie. Dit, saam met stres, die emosionele aanpassing en doodgewone moegheid, is die ideale resep vir depressie, veral in die eerste ses maande na jou baba se geboorte.

Raad vir nageboorte-depressie

Die oplossing vir postnatale depressie is nie noodwendig ’n antidepressant nie. Party van ons het net meer rus nodig, ander het ’n uitkomkans en stimulasie nodig, nog ’n groep het emosionele ondersteuning nodig – ’n vriendin, ma of buurvrou wat gereeld inloer en jou selfvertroue ’n bietjie lig. Net ’n klein persentasie van ons het uiteindelik medikasie nodig.

Wat het JY nodig? Wees goed vir jouself en sorg dat jy dit kry!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

3 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

4 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

5 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

5 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

7 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

8 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.