kategorieë: Blogs

Absa Cape Epic 2016

Die Absa Cape Epic is niemand se speelmaat nie. Vra maar die meer as 100 ryers wat reeds teen Donderdag, 17 Maart uit die wedren moes onttrek. Die roete verander elke jaar en ryers sê hierdie is een van die moeilikste ooit. Agt dae (as jy die proloog van 30 km inreken) oor ongeveer 800 km met 15 000 m se klim, kan jou bitter na aan bergfietshemel … of hel bring. Hang af hoe jou dag verloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En hoewel g’n siel ’n Epic aandurf  sonder om topfiks te wees na maande se oefening nie, bly sukses ’n kaartehuis wat baie maklik op jou kan intuimel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos met Jenny Stenehag van Swede wat vanjaar saam met die Suid-Afrikaner, Robyn de Groot, in ’n span is. Hulle het verlede jaar tweede geëindig en was vol hoop vir ’n podium-einde nadat hulle die proloog gewen het en tweede gelê het. Na die derde skof stort Jenny egter by die eindpunt in duie en na ’n draai by die noodhulptent onttrek sy uit die wedren. Robyn sou op haar eie die wedren verder ry, maar sou nie amptelik kan klaarmaak nie omdat sy sonder haar spanmaat is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Bitter teleurstelling vir twee professionele ryers wat hul brood en botter uit fietsry maak.

Die bloed, sweet en trane rol egter nog meer onder die gewone ryers wat met ’n loopbaan, gesin en begroting moet toor om iewers genoeg tyd te kry om lang voorbereidingsure in die saal te sit vir hierdie epiese wedren. Maar dit maak nie saak hoeveel bloedsweet dit kos nie, jaarliks staan mense tou om in die lottery ’n geleentheid te wen om vir hierdie moordende, maar wonderlike fietsmarathon in te skryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Een hiervan is Reuben van Niekerk en sy spanmaat Kevin Benkenstein. Reuben het agt jaar gelede in ’n motorfietsongeluk sy regterbeen onder die knie verloor, maar besluit dat hy nie gaan toelaat dat dit hom gaan stop nie.

Toe Reuben en Kevin na agt lang dae die Absa Cape Epic 2016 op Sondag suksesvol oorwin het, het hy weer geskiedenis gemaak. In 2014 was hy die eerste laer geamputeerde wat die wedren suksesvol kon oorwin. Nou is hy ook die eerste laer geamputeerde wat deel is van die baie gesogte Amabubesi-klub. Dit is ryers wat hierdie moordende wedren al drie keer voltooi het. In sy eerste Epic in 2013 het hy op dag een nie die afsnypunt gemaak nie en is sy Absa Cape Epic-drome net daar kortgeknip. In 2014 en 2015 voltooi hy dit suksesvol en het hy dit hierdie jaar vir ’n uitsonderlike derde keer reggekry. Mooi so Reuben, jy inspireer ons!

Lees ook ons artikel oor hoe Reuben die trauma om sy regterbeen onder die knie in ’n ongeluk te verloor, in ’n persoonlike triomf verander het.

Volg Reuben se Cape Epic-avonture op Twitter by @ReubenVN

Reuben se trotse medaljes!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Vier die lewe! Drie vroue vertel hoe, en waarom, dit nodig is

Deur Maretha Botes   Dewitt Jones het 20 jaar lank foto’s vir  National Geographic geneem.…

18 hours Gelede

Nuwe gesig in ‘Skemergrond’: ‘Kirby bring baie pret én hartseer saam met haar’

Chanté Grainger, die talentvolle aktrise wat bekend is vir haar rolle in, onder meer, Arendsvlei, Suidooster en Summertide, maak…

18 hours Gelede

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

4 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

4 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

4 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.