Vrydag 28 Maart, Been 5, Greyton na Elgin
110 km, 2900 klim
Been 5 is waarskynlik hierdie jaar die moeilikste seksie van die wedren met die meeste klim. ’n Hele 2900m! Hoewel van die vroeër dae nat en koud was, het been 5 die kwik teen 13h00 tot by 30 grade laat styg en het die ryers geswoeg onder die heuwels en hitte. Die hoogste punt is Rusty Gate en dit is ’n hele 5km teen ’n 10grade helling wat ryers moet uittrap. Dan is dit afdraand tot by die kort stukkie teerpad langs die Theewaterskloofdam. Maar dis omtrent die enigste blaaskans, want dan is dit weer op, op, op teen die hoogtes uit. Hierna is ’n plat gedeelte met los oneweredige oppervlak wat net reg is om ryers onkant te betrap en van die fiets af te pluk.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Gelukkig is hierdie omgewing langs die Groenlandberg asemrowend mooi, want deelnemers sal iets nodig hê om hul aandag van die harde werk af te trek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Die laaste 14km is meestal afdraand tot in die oornagpunt in Elgin by Oak Valley Wine Estate.
Wenners been 5, Vrydag 28 Maart
Mans: Roel Paulissen, Riccardo Chiarini, Tyd: 4:52.03,4, Span: Torpado Factory
Vroue: Ariane Kleinhans, Annika Langvad, Tyd: 5:29.20,5, Span: RECM 2
Foto's: Getty Images Die Oscar-toekennings is die grootste aand op die Hollywood-kalender, en…
Hier is 10 maniere om jou meer gemotiveerd te maak om te oefen: Oefen…
Dis herfstyd in die Kaap en met hierdie seisoensverandering waai die winde van verandering baie…
Jy herken waarskynlik Laura-Lee Mostert vir haar komiese talent as die flambojante drama-onderwyseres, Driena, in…
In die vierde episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se koswerklikheidsreeks waar vlamme en…
Hierdie webwerf gebruik koekies.