Been 2, Van Robertson tot by Arabella Wine
101 km, 1550m se klim
Modder en nogmaals modder!
Die tweede dag van die Absa Cape Epic bergfietsren was veronderstel om veel makliker as dag een te wees, maar reën en modder laat almal swoeg. Van Robertson strek die roete deur die fraaie dorpie McGregor. Dan deur die Langeberg-gebied met die moeilikste klim van die dag rondom 75 km by Neil’s Folly. Die landskap vir vandag wissel tussen pragtige semi-woestyn van die Karoo en die welige groen van die Breederivier-vallei, maar as jy sien hoe vol modder die deelnemers is, wonder jy hoe hulle deur hul modderige brille kon sien! Die roete eindig by Arabella en hopelik is daar lafenis en genoeg water om almal vrolik en skoon te kry.
Wenners been 2:
Mans (4:12.17,0) Robert Mennen, Kristian Hynek span Topeak-Ergon Racing
Vroue (4:53.07,5) Ariane Kleinhans, Annika Langvad span RECM 2