Serves:Genoeg vir 10-12 klein wafelsNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Die wafels is glad nie soet nie en heerlik vir ontbyt. Dit kan al die vorige aand gemaak word en net weer in die oond verhit word sodat dit krakerig kan word. Spekrepies met heuning gerooster is ’n lekker bykomstigheid.
2 middelslagaartappels, geskil
500 ml (2 k) koekmeel
5 ml (1 t) suiker
5 ml (1 t) koeksoda
7 ml (1½ t) bakpoeier
5 ml (1 t) sout
3 eiers, geskei
500 ml (2 k) karringmelk
120 ml botter, gesmelt
Spek
250 g (1 pakkie) spekrepies
30 ml (2 e) heuning
Instructions
Wafels: Sny die aartappels in kwarte en kook sag in soutwater. Dreineer en laat afkoel. Druk die afgekoelde aartappels met ’n vurk fyn. 2 Sif die koekmeel, suiker, koeksoda, bakpoeier en sout saam. Hou eenkant. 3 Meng die eiergele, karringmelk en botter. Voeg by die droë bestanddele en meng liggies deur. Voeg die aar- tappels by en meng liggies deur. 4 Klop die eierwitte styf en vou by die aartappelbeslag in. 5 Verhit ’n wafelpan en verf met ’n bietjie botter. Skep sowat 80 ml (1⁄3 k) beslag in die middel van die pan en vou toe. Braai alkant tot die wafel van die kante af lostrek. Herhaal tot die beslag op is. Hou die gebakte wafels in die oond warm.
Heuning-spekrepies: Sit die spekrepies op ’n bakplaat en verf elke stukkie met heuning. Rooster vir 10-15 min. of tot goudbruin en bros. Hou eenkant. Sit die wafels met die bros spek-repies en ekstra heuning voor.