Deur Vickie de Beer. Foto: Charles Russel en Lee Schwagele
Bestanddele
- 2 kg growwe sout
- 2 eierwitte, liggies geklop
- 6-8 klein patats
- 6-8 klein aartappeltjies
- ’n hand vol vars tiemietakkies
- ’n hand vol roosmaryntakkies
Metode
- Voorverhit die oond tot 200 ˚C.
- Meng die sout, eierwitte, tiemie en roosmaryn in ’n groot mengbak.
- Sit die helfte van die soutmengsel in ’n oondvaste bak en rangskik die patats en aartappeltjies bo-op.
- Skep die res van die soutmengsel op die patats en aartappels – maak seker die groente is met die mengsel bedek.
- Bak vir sowat 45 min. of tot die soutmengsel ligbruin is en ’n harde kors gevorm het.
- Breek die soutmengsel met ’n vurk oop en haal die aartappeltjies en patats uit.