Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 18 cm x 7 cm-losboomkoekpan met bakpapier uit.Aartappeltert
Ingredients
Instructions
1 Kook die aartappels vir sowat 15 min. in soutwater tot sag, maar nog ferm genoeg om die vorm te behou en nie te breek nie. Laat afkoel en sny in ringe, so dun moontlik.
2 Soteer die ui en spek in ’n verhitte pan tot goudbruin en bros. Voeg die soetrissie en knoffel by en soteer vir nog 3 min.
3 Pak die aartappels in die koekpan en pak in lagies met die gebraaide spekmengsel, kaas en sondroëtamaties, eindig met ’n aartappellaag.
4 Meng die eiers, melk, komyn en paprika. Geur na smaak en gooi oor die aartappel. Skud die pan liggies sodat die melkmengsel goed deursyfer.
5 Bak vir sowat ’n 1-1½ uur tot goudbruin en gaar. Druk ’n toetspen in om seker te maak dat dit deurgaar is.