Sny met ’n sitrusskiller dun repies uit die aartappels en sit in ’n middelslagbak met water terwyl jy werk. Gooi die water af as jy die repies klaar gesny het. Druk met jou hand al die oortollige water uit die aartappelrepe. Voeg die eier en die sout en peper by. Dreineer weer enige oortollige vloeistof.
Voer ’n bakplaat met waspapier uit en spuit ook met kleefwerende kossproei. Skep hopies van die mengsels op die bakplaat en vorm elkeen soos ’n nessie van ±4 cm in deursnee.
Giet die gesmelte botter oor die aartappelnessies en bak vir ±20 min. of tot goudbruin. Laat op ’n draadrakkie afkoel.
Meng die suurroom, vinkel en suurlemoensap. Vul die nessies net voor jy dit voorsit. Begin met ’n skeppie suurroom op die nessie, dan die bronkors en laastens die salm.