500 ml (2 k) fyn aartappels, oorskietkapokaartappels of sowat 6 - 8 middelslag-aartappels, gekook
3 eiergele
gerasperde skil van 1 suurlemoen
125 ml (½ k) gekrummelde fetakaas
6 takkies vars tiemie, net die blaartjies
sout en gemaalde swartpeper
genoeg sonneblomolie vir vlakbraai
kombuispapier
ekstra suurlemoenwiggies vir die voorsitslag
Instructions
Meng al die bestanddele liggies in ’n mengbak.
Verhit sowat 2 cm-olie in ’n diep middelslagpan. Toets eers met ’n klein bietjie aartappel om te verseker dat dit baie warm is, anders verbrokkel die aartappels in die olie.
Gebruik 2 groot eetlepels. Skep ’n opgehoopte eetlepel van die aartappelmengsel uit en laat val dit met behulp van die ander lepel in die warm olie. Druk dit effens plat met die agterkant van die lepel. Vorm so 5 op ’n slag en braai tot goudbruin aan albei kante. Skep uit op kombuispapier. Herhaal met die res van die mengsel. Vervang die olie as daar te veel stukkies aartappel agterbly. Sit warm voor met ekstra suurlemoenwiggies as bykos met braaivleis.