Aartappelgebak met gekaramelliseerde uie

Aartappelgebak met gekaramelliseerde uie. Resep: Vickie de Beer. Foto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir vier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 30 ml (2 e) botter + ekstra om die bak mee te smeer
  • 4 uie, oorlangs in dik skywe gesny
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 6 aartappels, geskil en in dun lappies gesny – ons het ’n mandoliensnyer gebruik
  • 500 ml (2 k) melk
  • ’n paar tiemietakkies
  • ½ ui
  • 5 peperkorrels
  • 1 lourierblaar
  • 250 ml (1 k) cheddar-kaas, fyn gerasper

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm- oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 750 ml met botter.

  1. Smelt die botter oor lae hitte in ‘n verhitte middelslagpan en soteer die uie tot goudbruin en gekaramelliseer. Dit neem sowat 20 min.
  2. Pak die aartappels en gekaramelliseerde uie in lae in die bereide bak.
  3. Verhit die melk met die tiemie, ui, peperkorrels en lourierblaar in ’n kastrol tot net onder kookpunt. Syg die melk deur ’n sif maar gooi dit terug in die kastrol.
  4. Smelt die kaas in die melk. Geur na smaak.
  5. Gooi die melk oor die aartappels. Bak vir 1-1½ uur tot die aartappels gaar en goudkleurig is. Druk ’n toetspen in om te verseker dat dit deurgaar is.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

1 day Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.