Aartappel-gnocchi met romerige sous
Ingredients
- Gnocchi
- 500 g aartappels (sowat 4 middelslag-aartappels)
- 2 eiers, liggies geklits
- ’n knypie sout
- 160 g koekmeel + ekstra
- 45 ml (3 e) olyfolie
- Sous
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 250 g spek, dik gesny
- 10 ml (2 t) fyn gekapte knoffel
- 250 ml (1 k) room
- gemaalde swartpeper
- ’n hand vol salieblare
Instructions
Voorverhit die oond tot 200 °C.
1 Bak die aartappels vir ’n uur op ’n bakplaat tot sag en gaar.
2 Sny die warm aartappels oop en skep die vlees in ’n groot mengbak uit.
3 Druk die aartappel met ’n vurk so fyn en glad moontlik.
4 Maak ’n holte in die middel van die aartappels en voeg die eier en ’n knypie sout by.
5 Voeg die meel bietjie vir bietjie by en meng sagkens deur.
6 Keer die deeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en knie liggies tot dit bymekaarkom en ’n bal vorm. Werk versigtig sodat die deeg sag bly.
7 Vorm die deeg in ’n reghoek sowat 1,5 cm dik en sny in repe van 1,5 cm breed. Strooi meel oor jou hande en rol die deeg saggies in silinders.
8 Sny die rolletjies in eweredige stukkies van 1-1,5 cm. Herhaal met die res van die rolletjies.
9 Rol elke gnocchi-stukkie in ekstra meel en sit op ’n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is. Sit in die yskas tot benodig.
10 Sous: Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die spek daarin tot goudbruin. Voeg die knoffel by en braai vir nog 1 min.
11 Voeg die room by en verlaag die hitte. Laat prut vir sowat 7-10 min. Geur met swartpeper.
12 Kook water met ’n bietjie sout in in ’n middelslagkastrol. Voeg ’n hand vol gnocchi by sodra die water begin borrel. Kook tot die gnocchi boontoe dryf. Skep die gaar gnocchi met ’n gaatjieslepel uit en sit in die warm sous.
13 Verhit olyfolie in ’n pannetjie en braai die salieblare daarin tot krakerig. Dreineer op kombuispapier en sit met die warm gnocchi voor.